Edition / Uitgawe Apr 2021

Pappa se trui

Oud-Springbok en Old Boy Juandre Kruger (2003) het na 18 jaar in die buiteland teruggekeer na Suid-Afrika en vroeër vanjaar met sy gesin die Argief besoek. Mariena Kotze het hulle gewys waar sy trui uitgestal word, een wat hy ‘n paar jaar gelede geskenk het. Die Argief se indrukwekkende versameling Springboktruie lok altyd wyd belangstelling uit.

Op die foto staan Juandre by sy vrou Monique links en sy kinders Carter Juandre, Harper Isabella en Sienna Grace naas Mariena.

In die video kan gesien word hoe Juandre sy kinders aanspoor om na “Pappa se trui” te kom kyk. Die gewyde atmosfeer van die argief kan nogal intimiderend wees vir ‘n jong gemoed.