Sedert ons in April se nuusblog geskryf het oor die beplande OSU-eeufeesboek wat waarskynlik teen 1926 gepubliseer sal word, het ‘n Facebook-blad Stellenbosch Down Memory Lane ontstaan.
‘n Baie gewilde plasing en kommentaar het gehandel oor herinneringe aan geliefde PRG-onderwysers, en dit het omtrent reaksie uitgelok. Dit gee al klaar ‘n aanduiding van die onderwerpe waarin ons Old Boys belang stel. Volg die blad op Stellenbosch – down memory lane.
Stuur asseblief voorstelle en bydraes na Elza by die Old Boys-kantoor of die Old Boys-nuusblogredaksie: hugom.truter@gmail.com
