Edition / Uitgawe Dec 2021

Die spiraal kring al hoe wyer uit

‘n Mens is geneig om aan die einde van ‘n skooljaar wanneer die laaste eksamens geskryf en projekte, soos die bou van ‘n nuwe sportfasiliteit of ‘n koshuis afgehandel word, in terme van ‘n siklus te dink, maar in Paul Roos Gimnasium se geval is dit dalk eerder ‘n spiraal wat met elke ring wat voltooi word al hoe wyer uitstrek.

Just think of the opportunities that are created with 18 more beds or a world-class sport facility that will not only benefit the school, but also the university and the community of Stellenbosch as a whole … or releasing 250 well educated and groomed matrics to the world.

Die impak van Andries (Andy) Calitz, ‘n matrikulant van 1976, op ‘n energiehonger wêreld , sportsterre soos Herschel Jantjies (2014), Tiaan Pretorius (2019), Stephen Baard (2010) en Jan Nicol Loftie-Eaton (2018) op die gemoed van pandemievoos nasies, ontluikende kunstenaars soos Pierre Vermeulen (2010) wat aan moeilike konsepte gestalte moet gee, sal nooit ten volle bepaal kan word nie, maar strek wyd.

Behind them and myriad others, there are teachers and support staff, like the evergreen Paul Roos, Jock de Jager and Heléne van Wyk, who know that their names are absorbed by the school walls because they are making a difference.

Natuurlik is daar ‘n vennootskap met ouers en oudskoliere nodig om die opvoedingsproses te laat slaag. Jou betrokkenheid, jou deelname aan sportdae en reünies en jou lidmaatskap is nodig om die spiraal al hoe wyer uit te laat kring.

We have a packed news blog this time. Enjoy the read and remember to give us feedback. We wish you all of the best over the festive days and a safe journey if you are on the roads.