Edition / Uitgawe Apr 2022

Chairman’s Report / Voorsittersverslag

Met die eerste kwartaal van die nuwe akademiese jaar agter die rug, word die hoop onder die skoolseuns, onderwysers, ouers en ons (as Old Boys) al hoe groter dat 2022 die jaar gaan wees waarin die neerdrukkende Covid-19-maatreëls opgehef word. Ons het al reeds groot verligting met die oopstel van skoolgebeure en sportgeleenthede gesien.

We are happy to report that this year 27 dads and 2 grandads from the Old Boys’ Union (OBU) accompanied their grade-8 sons to the start of their new school career at Paul Roos Gymnasium. The parents, as well as the new boys, held a lunch after the traditional school sleepover. We hope that this will kick start the beginning of a new tradition amongst the Old Boys and their sons every year.

Op die nasionale sportterreine word daar voortgebou op die lys van indrukwekkende  prestasies wat deur lede van die Oudskoliere-Unie behaal word. Damian Willemse (2016) het sy  50ste wedstryd vir die DHL Stormers gespeel, Ruan Terblanche (2019) het sy debuut vir die  Paarl Rocks in die CSA Momentum Eendagkrieketreeks (teen die Leeus) gemaak en Richard Lurie (1989) was lid van Span Miele, wat 58ste in die Cape Epic bergfietswedren geëindig het. 

Amongst the notable achievements was the swim by Simon Ince (1977), who at the age of 62 (and a half), completed the 34km False Bay crossing in 10 hours 42 minutes. He is the 8th person to complete this swim and we believe that a Guinness Book of Records achievement is in the offering. Derek Lord (1977) participated in the Stellenbosch Airshow and was seen throwing an ex-SAAF Bosbok around in the sky. We have noticed that there are a number of commercial pilots amongst the Old Boys and we would ask that you update your details on our database at https://prg.alumnet.co.za.

Die OSU se Algemene Jaarlikse Vergadering word op Vrydag 20 Mei om 18:00 in die PRG Sentrum gehou. Al die Jaargroepe is baie welkom en ons vra die hulp van geeskapteins om hulle klasmaats te mobiliseer. Die offisiële Reünienaweek word op die naweek van 20 Mei gehou en dit sluit in skolerugby teen Hoër Jongenskool Paarl. So ver het die volgende Matriekklasse reünies gereël: 1972; 1977; 1982; 1987; 1992; 1997; 2002; 2007 en 2012. Kontak asb. die OSU-kantoor vir navrae.

This term the OBU held a highly successful annual PRG Golf Classic. On behalf of the OBU we would like to thank those Old Boys that entered as players as well as the sponsors and other members of the PRG Community that participated in the annual PRG Classic. We also had a lady’s player in the competition, and we look forward to welcoming more ladies next year. The PRG Golf Classic is an important fundraiser for the OBU and greater school community and we are greatly appreciative of the support.

Gedurende Maart is internasionale Polla-gesellighede in London en Amsterdam gehou. In die Britse hoofstad het mnr André van Staden (rektor) ‘n groep van 30 oud-skoliere toegespreek het oor die skool se prestasies en vooruitsigte. Giuseppe Ciucci (1981) het oor  “The Road to Success” en sy ervaringe in die handelswêreld gepraat. Cobus Visagie (1991), doen verder verslag in hierdie nuusbrief. Vyftien oudskoliere was by die  Polla in Amsterdam. Welgedaan en ons sien uit na die eerste Pollas in Australië en Nieu-Seeland!

Regretfully, we have to report that one of the oldest living Old Boys, Dr Jacobus Pauw (1941), passed away at the beginning of the year. Our condolences to his friends and family, which include Old Boy George van Niekerk (1981). It has become increasingly more difficult for the OBU to trace Old Boys, especially those from the matric years prior to 1950. Please assist the OBU Office should you have any information on people from these early matric years?

Wat OSU-sake betref, is ons bly om te kan berig dat die OSU besluit het om die voorsitter van Club/Klub 1000 op die OSU-komitee te koöpteer. Ons glo dat dit samewerking tussen die klub en die OSU gaan bevorder. Verder, is ons genooi om ‘n vergadering van die Skoolbeheerliggaam by te woon en het ook ‘n staande uitnodiging na toekomstige vergaderings ontvang. Hanno Reuter (1987) is onlangs tot die SBL verkies en ons wens hom sterkte met sy werk daar toe.

The strength of the OBU can only be measured by the number of Old Boys who takeout membership subscriptions and who attended the Annual General Meeting. In the coming months we will increase our campaign to recruit the number of newly paid members and we would greatly appreciate your support in this matter. 

Vriendelike groete | Kind regards

Oudskoliere-unie | Old Boys’ Union

Voorsitter | Chairman
Nils Flaatten