Edition / Uitgawe Apr 2022

Lenteloop vanjaar weer in Assegaaibosch / Jonkershoek

Maak seker jy teken nou al die datum aan van vanjaar se Lenteloop: Saterdagoggend 24 September. Na verlede jaar se goeie opkoms toe die Lenteloop na vyftig jaar herleef het, is besluit dat dit voortaan jaarliks gehou sal word. 

Onthou, jy mag ‘n familielid, vriend, kollega of buurman saambring selfs al was hulle nie in PRG nie – deelname is oop vir enigeen wat daarvan hou om in die natuur te stap. 

Net soos verlede jaar kan jy kies hoe ver jy wil loop. Hierdie keer hoop ons om in die Assegaaibosch-reservaat te stap, mits die roetes oopgestel word.

Vanjaar wil ons weer bome skenk en plant, maar hierdie keer voor die winter, wat die beste tyd is om jong bome te plant. Die idee is om jong assegaaiboompies gedurende April of Mei in Assegaaibosch te plant. Ons hou julle via die OSU-kantoor of Facebook op hoogte van wat beplan word.Intussen stap manne van die 1973-klas weer gesellig saam op hul (kwartaallikse) seisoenstappe. Onlangs het hulle ‘n Somerloop by Dwarskersbos gehad.

Van links:  Nols Heunis, Michael Prins, Frank Meaker, Sarel Steel, Johan Cillié, Piper Oosthuizen, Cobie Schonken (organiseerder) en Riaan Swiegers.

Danie van Niekerk (1973)