Edition / Uitgawe Oct 2022

Namib-Polla byeen op Swakopmund 

Elf van die 22 Old Boys in Swakopmund het die onlangse Polla-kuier daar bygewoon.

Die name op die eerste foto is van links regsom die tafel: Quintin Jonck (met die Old Boys-baadjie) (1991), Erhardt Swiebel (1971), Jacques de Jager (1989), Marko Buttner (2013), Alec Kibble (2019), Horst Weimann (1987), Gerhard Tötemeyer (1955),  Zigi (Siegfried) Wagner (1956), Sven-Olaf Bergendahl (1985), Brandon Laing (1987) en Meino Mast (1981).

Op die tweede foto staan Horst Weimann (1987), wat die sameroeper van die suksesvolle Polla in Swakopmund was.

Op die derde foto is die twee oudste Old Boys by die geleentheid: Gerhard Tötemeyer (1955) en Zigi Wagner (1956). Hier is ‘n skakel na ‘n storie oor Gerhard wat in ons Nuusblog van September 2028 verskyn het: https://paulroosoldboys.co.za/2018/09/gerhard-totemeyer-rebel-en-brugbouer/