Edition / Uitgawe Dec 2022

Pieter du Toit (1997) skryf weer ‘n blitsverkoper

Eugene Ashton, hoofbestuurder van Jonathan Ball, is duidelik ingenome met Pieter du Toit (1997) wat rekordsyfers met die verkope van sy boeke behaal.

It was with great anticipation that Best Selling author Pieter du Toit (1997) came to the Markötter Sports Centre in Stellenbosch for the launch of  his latest book, The ANC Billionaires: Big Capital’s Gambit and the Rise of the Few, on Thursday 17 November 2022. He expected several of his old school mates and teachers to attend, and he was not disappointed. Hugo Truter was there to capture the spirit of the evening.

Pieter du Toit se jongste blitsverkoper, The ANC Billionaires: Big Capital’s Gambit and the Rise of the Few is op Donderdag 17 November by Markötter bekend gestel.

Vir Pieter was hierdie aand die bekendstelling van sy boek waarna hy die meeste uitgesien het, want verskeie van sy klasmaats en oud-onderwysers was teenwoordig.

Eugene Ashton, uitvoerende hoof van Jonathan Ball uitgewers, wat die boek uitgegee het, het met Pieter gesels en agterna was daar tyd vir vrae stel. 

Vooraf het Eugene laat blyk dat van sy vorige boek,  The Stellenbosch Mafia,  meer as 60 000 eksemplare verkoop is, in Suid-Afrikaanse standaarde ‘n merkwaardige prestasie.

In die videogreep hierby gee Pieter aan Eugene sy beweegredes vir die ontstaan van die boek. 

In sy resensie van die boek in Rapport van 27 November skryf oud-regter Johann Kriegler: “Du Toit verskuif sy vergrootglas na sy vorige voltreffer na die ander punt van die maatskaplik-politieke/etniese spektrum, naamlik soos die titel dit het, die ANC se kring miljardêrs. Feitlik met die intrapslag verklaar die skrywer sy doelwit met die boek, naamlik om te verduidelik hoe die ANC verbonde aktiviste so gou so ryk kon word. Daarin slaag hy wel, maar hy beskryf nog duideliker en myns insiens belangriker, hoe die ANC oorreed is om af te sien van sy sosialistiese inslag en verbondheid tot kommunisme.”

Pieter het gesê hy hoop die inligting in die boek wat hy oordra sal mense help om ingeligte besluite te maak oor waar hulle betrokke  moet raak in die samelewing en in hul gemeenskappe en waar hulle in die volgende verkiesing hul kruisies moet trek.

Netwerk24-intekenare kan op die volgende skakel klik vir Murray la Vita se omvattende onderhoud met Pieter oor die opkoms van Cyril Ramaphosa en die ‘swart geldbaronne”: https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/profiele/opkoms-van-cyril-ramaphosa-en-die-swart-geldbaronne-20221103

Dié boek sal hopelik op meeste Old Boys se wenslys vir Kersfees wees.

Pieter saam met van die mense wat hy graag by die bekendstelling van The ANC Billionaires: Big Capital’s Gambit and the Rise of the Few op 17 November in die Markötter-sportsentrum wou sien: Frans van Niekerk (onderhoof), Coreen Lloyd (oud-onderwyseres) en Jacques Hanekom (oud-onderwyser).