Ontvang van Coenie van Vuuren

Benjamin van Onselen (gr 12) het op Saterdag 11 Maart 2023 goud verwerf in die seuns o19 afdeling van die 2023 Wes-Kaapse Provinsiale Moderne Vyfkampkampioenskappe.
Moderne Vyfkamp bestaan uit die volgende 5 dissiplines: ‘n hindernisbaan, skerm, swem en gekombineerde laserpistoolskiet(4) en hardloop.
Benjamin het ook die vereiste totale aantal punte behaal om die Wes-Kaap by die SA Nasionale Moderne Vyfkamp- en Vierkampkampioenskappe vanaf 7 tot 8 April 2023 in Bloemfontein te verteenwoordig.
