Edition / Uitgawe Jun 2023

Groot manne het op hierdie skoolbanke gesit

Meer as ‘n honderd jaar gelede het dertig Stellenbossers bymekaargekom en besluit om ‘n skool te stig. Op 1 Maart 1866, presies honderd jaar gelede, het die skool tot stand gekom – ‘n skool wat manne soos genl. Smuts, genl. Hertzog, Jan Celliers, Danie Theron, Bosman Di Ravelli, genl. Christiaan Beyers en talle ander sou oplewer; ‘n skool waar genl. Smuts byna geskors is en waar dr. D.F. Malan saam met ander leerlinge in ‘n gronddam moes bad.

Hierdie uittreksel kom uit ‘n artikel uit die Huisgenoot van 4 Maart 1966: Paul Roos vier sy Eeufees, en is deur ons argivaris, Mariena Kotze, opgediep.

Die skrywer van hierdie artikel was Pieter Kapp, toe geskiedenis-onderwyser by PRG, die bekende historikus en skrywer en hooforganiseerder van die Eeufees naas sy onderwysverpligtinge.

Lees self hoe hy skryf oor die aanvangsjare van die skool, kleurryke figure soos Paul Roos en Japie Home Krige en die talle Springbok-rugbyspelers wat die skool tot toe opgelewer het, maar ook oor die rol wat die verenigingslewe aan die skool gespeel het.