Edition / Uitgawe Jun 2023

Lenteloop 2023: Matige inset, “Magtige” uitset

Die meeste van ons (dalk almal?)  het al ‘n kat in die sak gekoop.  Geval vir ‘n verkoopsman se praatjies.

Ballyhoo. Blather. Spiel. Song and dance. Pitch. Patter. Puff. Chatter. Jabber.

Dit is maar net ‘n paar van die woorde wat gebruik word om verkoopslui se leë praatjies te beskryf.

Maklik tot matig.  Dit is hoe webtuistes die makliker en korter Swartboskloof-roete in die Jonkershoek-natuurreservaat beskryf.

“This easy, scenic trail ascends the western slopes of Swartboskloof for about 2km, passing through a patch of beautiful indigenous forest.”

Met relatief min inspanning kry jy pragtige uitsigte oor die Jonkershoek-vallei.

Kom stap gerus saam tydens die derde Lenteloop wat op 16 September deur die PRG-OSU georganiseer word.  

Vir ‘n geringe bydrae (R60 vir toegang tot Jonkershoek) kan jy deelneem aan ‘n stap wat jou sal verfris.  En vir ‘n verdere geringe bydrae (R100) kan jy ‘n langtermynbydrae lewer tot ons omgewing.  Meer spesifiek, vir inheemse boompies wat by Assegaaibosch geplant word.  ‘n Langtermynbelegging in ons omgewing.

Kom stap saam en kyk self of dit leë praatjies is.

Danie van Niekerk (1973)