Edition / Uitgawe Oct 2023

Boomplantdag 2023: Klas van 1973 skenk weer bome aan leerders

Bauhinia galpinii-saailinge is deur die Klas van 1973 aan die skool se Societas-vereniging geskenk vir vanjaar se Boomplantdag. Dit oorhandiging het ook deel van die Lenteloop-projek gevorm.

Prof Sarel Steel staan hier saam met (van links) Francois Dercksen, Louw Smit en Dian Kauffman.

Die boom staan ook as Vlam-van-die-vlakte of Kameelpoot bekend oor die vorm van sy blare bekend en word ook deur baie as die “Trots van De Kaap” bestempel.

Gedurende die afgelope twee jaar is drie bome en 11 kleiner boompies vir Assegaaibosch-natuurreservaat geskenk.  Die boom wat vanjaar geskenk was, is ‘n Without en die kleiner boompies was ‘n Boskiepersol, ‘n Pom-pom, ‘n Huilboerboon, ‘n Vlam-van-die-vlakte (Bauhinia galpinii) en ‘n Witmelkhout.

Prof Sarel Steel, oudleerder van 1973, het die oorhandiging behartig. Vyftig jaar gelede was hy die Kaaplandse toppresteerder in die Nasionale Senior Sertifikaat en in sy finale jaar as student is die Kanseliersmedalje van die Universiteit Stellenbosch aan hom toegeken.  Benewens verskeie ander eerbewyse wat hy gedurende sy loopbaan as hoogleraar in Statistiek en Aktuariële Wetenskap ontvang het, het die US in 2015 hom vereer met ‘n spesiale Kanselierstoekenning vir sy uitsonderlike bydraes.