
Vir die eerste keer in die skool se geskiedenis het ons swemspan skoonskip gemaak in Bloemfontein! PRG het 368 punte losgeswem teenoor Grey Kollege se 247 punte… en vir ‘n tweede jaar agtereenvolgens was hulle aan die wenkant.
Vir dié en al die ander uitslae by ‘n uiters mededingende interskole byeenkoms in die Vrystaatse hoofstad, kyk gerus na die Powerpointverslag wat by die saalbyeenkoms op 22 Augustus 2023 gelewer is.
Die slotsom is dat daar in 14 sportsoorte meegeding is. Van die 67 wedstryde of kompetisies het PRG 38 gewen, 26 verloor en in 3 die louere gedeel.
