Edition / Uitgawe Dec 2023

Merk nou rugbykuiers op jou 2024-kalender af

Aanstaande jaar gaan ‘n lekker jaar vir rugbykyk by jou alma mater wees. Nie net vind die interskole teen Grey College op 17 Augustus op die Markötterstadium plaas nie, maar ook ‘n paar ander grotes teen Wynberg op 27 Mei, Boishaai op 20 April, Bishops op 20 Julie en Boland Landbou op 3 Augustus.

Vroeg in die jaar – van 20 tot 25 Maart – word daar ook ‘n rugbyfees vir die o16 B, C en D spanne en die o19 C en D spanne op Stellenbosch gehou. Dit sal ‘n mens ‘n goeie idee gee van wat die rugbydiepte op skolevlak is.