Edition / Uitgawe Dec 2023

Rugbykomitee neem afskeid van ‘n groot gees

Dit was ‘n heerlike gesellige aand om die braaivleisvure op Markötter op 16 November, toe daar met gevleuelde woorde afskeid geneem is van Frans van Niekerk, wat einde Januarie 2024 aftree. In die eerste blog van die nuwe jaar word meer vertel oor Frans se 35 jaar by PRG.

Dié Polla-aand is deur die PRG Rugbykomitee gereël om ook fondse vir die toerehulpfonds in te samel. Baie dankie aan al die skenkers wat die “silent auction” ‘n moontlikheid gemaak het.

A special word of thanks is extended to Old Boy Lunga Kama (1999), who presented one of his photography artworks as a gift to Frans van Niekerk.