Edition / Uitgawe Dec 2023

Paul Roos Gimnasium blink uit op sportveld in die algemeen

PRG takes pride in being recognised for its diversity and depth on the sports fields. This year’s ranking of the Top Boys Sports Schools positions the school in second place. While creating such rankings is no easy task, they undoubtedly make for an interesting read: https://saschoolsports.co.za/unveiling-the-top-boys-sports-schools-for-2023/

Paul Roos Gimnasium lê tweede op die vanjaar se ranglys van Seunsport by Suid-Afrikaanse Skole. Hierdie lys is ‘n poging om prestasie in die algemeen op sportgebied te meet en word al sestien jaar lank opgestel.

Die sportsoorte wat in ag geneem word in die proses is rugby, sokker, krieket, hokkie, waterpolo en basketbal.

Atletiek, tennis en roei is uitgesluit weens die afwesigheid van gevestigde maatstawwe vir evaluering.

In die  rangordeproses word elke skool se prestasie op die finale eerstespanranglys gebruik. Weens verskille in gewildheid en belangrikheid van die sportsoorte, word ‘n gewigstelsel ook in die proses gebruik.

Rugby, wat erken word as die gewildste en mees gespeelde seunskoolsport, het ‘n dubbele gewig op  ranglys gekry, en krieket, hokkie en sokker kry ‘n gewig van 1,5. Die oorspronklike waardes word vir basketbal en waterpolo.

The PRG rugby team currently touring Ireland won their first game of the tour.