Edition / Uitgawe Oct 2017

Voorsittersboodskap / Chairman’s message

Touchies 2017: Damian Willemse, Kobus Potgieter van ons borg Outdoor Warehouse, Ernst Joubert, speler van die toernooi, en Gustav Potgieter, OSU-voorsitter.

Geagte Old Boys,

Dit is lente en ons staan op die vooraand om die Matrieks van 2017 as die jongste Old Boys te verwelkom en hulle tot ʼn lewenslange verbintenis met ons alma mater in te lyf. Maar eers wag daar vir hulle nog die laaste hekkie, die matriekeindeksamen, en daarvoor wens ons hulle alle voorspoed en sukses toe.

The 15th annual Old Boys golf tournament against Grey Bloem on the Friday prior to the Saturday’s interschools was a win for us. A sincere thank you to all the participants.

This year Outdoor Warehouse sponsored the Old Boys Touchies tournament against the school. An enormous thank you to Kobus Potgieter (1981) for the generous prizes. The final game went into extra time and the Old Boys team, the Ayas 69, managed to get the winning try to take the floating trophy home. Thank you to Damian Willemse, who was part of last year’s winning team, for assisting with the prize giving.

Ons het ʼn rugby-subkomitee op die been gebring om die skool met bemarking, fondsinsameling, identifisering van talent, ensovoorts, by te staan. Dit bied ʼn ideale geleentheid vir maatskappye om donasies te maak, ʼn begaafde leerder te borg met die akademiese vereistes in ag genome, toerusting te skenk, ensovoorts. Skole-rugby kry baie blootstelling in die media en word sterk deur ouers en oudskoliere ondersteun. Kontak gerus vir Francois Schoombee oor hoe julle betrokke kan raak. Daar is ook ʼn spesifieke bankrekening ge-open vir diegene wat net ʼn finansiële bydrae wil maak.

Met die interskole teen Grey-Bloem het dit weer eens geblyk dat daar ʼn behoefte aan ʼn Old Boys-klubhuis/pawiljoen is. Ons gaan met die skool kommunikeer oor of en hoe dit ʼn plekkie kan kry in die meesterplan vir Markötter, wat tans nog in die beginfase is.

Donasies vir die befondsing van die beplande geriewe kan in die Pawiljoenfondsrekening by Investec gemaak word. Ons ondersoek ook die moontlikheid om groot donateurs spesiale voordele te gee. Naamregte op die gebou kan byvoorbeeld verkry word deur die projek in sy geheel te befonds. Kontak my gerus indien jy belangstel.

Ek het die voorreg gehad om mnr. Jannie van der Westhuizen en sy vrou, Marlene, in George te besoek en sy geskenk vanaf die Oudskoliere-Unie aan hom te oorhandig. Ons het vir hulle die hele “gesin” Splendidior 150 Cabernet-wyne geskenk, naamlik ʼn 15l, 3l, 1.5l en 750ml. Die wyn is vir die 150-feesjaar deur van ons top-wynmakers gemaak. Mnr. Van der Westhuizen se gesondheid is goed en hy lyk baie ontspanne soos ʼn afgetredene betaam!

In die gees van permanente vernuwing het ons met insette van ons nuwe rektor, mnr. André van Staden, en Neville Rothman besluit ons wil volgende jaar iets nuuts met die massa-reünie gedurende die Grey PE-interskole in April probeer doen. Ons sal reeds op Woensdagaand 18 April die dinee vir al die reüniegroepe en klasse hou, op Donderdag 19 April is daar ʼn kultuuraand en op Vrydag 20 April vind die Old Boys-gholftoernooi teen Grey PE plaas, asook hokkie en ander sportsoorte. Op Saterdag 21 April is dit tyd vir die rugby. Ons soek asseblief alle insette, aangesien elkeen se bydraes sal lei tot die sukses van só ʼn “lang-naweek”.

Vriendelike groete van jul Old Boys-komitee

Gustav Potgieter
Chairman/Voorsitter

gustav@aurumtrust.co.za
083 3021525

Foto: Digital Image Warehouse