Edition / Uitgawe Mar 2018

Voorsittersboodskap / Chairman’s message

Geagte Old Boy

Met Paasnaweek op ons, sou daar vanjaar al baie water in die see geloop het as dit nie so droog in die Wes-Kaap was nie. Hoewel dié van ons wat hier naby die alma mater woon, ons daarop toespits om Dag Zero af te weer, was daar tog ’n nuwigheid om ons aandag ’n bietjie af te lei: Stigtersdagsport!

Vanjaar het die Old Boys vir die eerste keer op die skool se verjaarsdag sport teen die skool gespeel. Die aanvanklike plan was om krieket, “touchies” en sokker te speel. Ongelukkig het die “touchies” nie plaasgevind nie. Was die gebrek aan belangstelling dalk omdat dit te vroeg in die jaar is? Ons sal volgende jaar maar weer probeer!

Die krieket, daarenteen, was uiters geslaag en die Old Boys se “Legends” het die skool se span na ’n taai stryd geklop (sien berig en foto’s elders). Dié sportdag beloof om nog iets groots te word.

Our annual fundraiser, renamed the Paul Roos Classic, was better supported this year and we had 116 players teeing off on our golf day. Thanks to Marelise Visagie, who assisted on getting Lew Geffen Sotheby’s as our title sponsor on board. Click here to see who took part and what fun we all had.

Piet Bester is die trotse eienaar van die skildery wat Portchie geskenk het en by die Paul Roos Classic-gholfdag opgeveil is.
Piet Bester is die trotse eienaar van die skildery wat Portchie geskenk het en by die Paul Roos Classic-gholfdag opgeveil is.

Old Boy and artist Portchie donated one of his paintings to be auctioned … and that helped to bring in even more funds!

Ons bedrywighede in die nuwe kwartaal gaan oor die interskolenaweek teen Grey PE kulmineer. Op Donderdag 19 April, skop ons met ’n massareünie/AJV af. Gegewe die politieke warboel wat in ons land heers, het ons dit goed gedink om vir Pieter du Toit (1997), medeskrywer van Enemy of the people en Pieter-Louis Myburgh (2003), skrywer van The Republic of Gupta as gassprekers te nooi. Jean Meiring (1991) gaan dié insiggewende gesprek lei en daar sal ook geleentheid wees vir die gehoor om vrae te stel. Louis Destroo (1994) tree as die seremoniemeester op.

Die jaargroepe 1978, 1988, 1993 en 2008 hou ook hul reünies oor dié naweek. Onthou om vir ons verslae en foto’s te stuur sodat ons ook in jul pret en  mooi herinneringe kan deel.

The golfers are going to bring the trophy back to Stellenbosch on the Friday, when we take on the Grey PE Old Boys on the Stellenbosch golf course. This bi-annual event is growing year by year and we urge you to enter as soon as possible because we have a limited field. The competition is 4 Ball Better Ball match play. Please contact Flip de Bruyn, who is the convener.

Marelise Visagie van Sotheby's, Kerneels Rossouw, Erik van Zyl, Edwin Swanepoel, Gustav Potgieter (OSU) en Jaco Durand.
Marelise Visagie van Sotheby’s, Kerneels Rossouw, Erik van Zyl, Edwin Swanepoel, Gustav Potgieter (OSU) en Jaco Durand.

’n Nuwigheid vanjaar is ’n Kapteinsete op 3 Mei, wat gereël word deur die Rugby-komitee van die OSU. Voormalige kapteins van eerste en tweede spanne word aangemoedig om hulle spanmaats bymekaar te kry, die aand te kom geniet en sommer ook meer te wete te kom oor die skool se rugbyplanne vorentoe, veral ná die aanstelling van Ryno Combrinck as hoof van rugby by die skool. Vir meer inligting kontak asseblief vir Bles Kemp, bles@okavangoelec.co.za of Boitjie Vermeulen, morne@okavangoelec.co.za of die voorsitter Francois Schoombee, francois@fjschoombee.co.za.

Sport against Boys High is always a major event and since last year the old boys also battle it out on the golf course. We shared the trophy in 2017, but this year on Friday 18 May, we must bring it home when we play here in Stellenbosch. Please support our effort and may the best team win, as long as their rugby team wears maroon!

London reunion: everything is on track for the first overseas reunion in London on Thursday 5 July. The guest speaker is Dr Heinrich Matthee (1981), a political analyst for industries in the Middle East. We would like to thank Giuseppe Ciucci (1981) of Stonehage Fleming for hosting this event.

Laaste, maar nie die minste nie, die huidige komitee se vierjaar-termyn loop ten einde vanjaar. Die meeste manne het hulle weer beskikbaar gestel, maar daar is vakante poste  wat gevul moet word. Nominasievorms met die vereistes is reeds uitgestuur. Ons wil ook die grondwet wysig, sodat die voorsitter se termyn vir twee jaar in die nuwe komitee se tydperk oorloop om sodoende kontinuïteit te verseker. Indien enigeen navrae het oor die verwagtinge, pligte, ensovoorts moet hulle asseblief nie huiwer om my te kontak nie.

Alles wat mooi is van jul Old Boys-komitee.

Gustav Potgieter

Chairman/Voorsitter
gustav@aurumtrust.co.za
083 302 1525