Edition / Uitgawe Sep 2018

Chairman’s message / Voorsittersverslag

Beste Old Boy

Opwinding is deesdae aan die orde van die dag in Old Boys-geledere.

Op Donderdag 5 Julie het die eerste formele reünie in Londen plaasgevind. Sowat 40 mense het dit bygewoon; glad nie ’n slegte begin nie. Verskeie Old Boys het al die pad uit Suid-Afrika gekom om deel van die geleentheid te wees. Baie dankie aan Giuseppe Ciucci (1981) van Stonehage Fleming, borg van die aand. Volgende jaar se byeenkoms word weer vir Julie beplan (sien berig elders).

On Friday 14 September the “senior” Old Boys (up to the class of 1966) were treated by the Old Boys Union to a lunch in Stellenbosch. We (OBU) catered for 90 guests and were thrilled more than them with their positive reaction. The Northern “senior” Old Boys will get their turn on Saturday 13 October at the Gauteng reunion. We can’t wait to see the legends and hear their stories.

Ná die Grey-naweek is rugby by baie van ons ’n seer punt. Ek kan julle egter die versekering gee dat daar tans agter die skerms gewerskaf word. Dit is nou benewens die goeie werk wat die Old Boys sub-komitee vir rugby doen (lees hul verslag elders). Die Old Boys sub-komitee vir rugby het onder leiding van Francois Schoombee ’n baie goeie fondsinsamelingsjaar gehad: die Kapteinsete is met ’n gholfdag opgevolg. Baie dankie aan al die lede van die komitee vir jul harde werk. Ons glo dit gaan vele vrugte afwerp!

The establishment of a benevolent fund to aid needy learners and Old Boys is gaining momentum and was recently named the Helene van Wyk Paul Roos Old Boys Benevolent Fund. Mrs Helene van Wyk has been associated with our alma mater for more than 50 years! See an interview with her elsewhere. Thank you also to several other Old Boys who have put shoulder to the wheel to assist in other ways than just monetarily.

Our launch will be in the form of a competition with only 400 tickets available at R5000/ticket, with a car (new!) as first prize and various other valuable prizes, of which one is a Portchie painting. Every ticket will include a 150-festival book (worth R1 000) and a 150 1.5l Cabernet (R750) and an invite to the launch, with a partner, May 2019.

Baie dankie vir al julle voorstelle, nuus en positiewe kommentaar.

Vriendelike groete van jul OSU-komitee

Gustav Potgieter

Voorsitter / Chairman
083 302 1525
gustav@aurumtrust.co.za