Edition / Uitgawe Dec 2018

Chairman’s message / Voorsittersverslag

Beste Old Boy

Die jaar 2018 is bykans verby en dit is nou ’n gepaste tyd om terug te kyk en, soos die Engelse sê, “take stock”.

As we, as the Old Boys committee, are committed to serve our whole community, our biggest challenge is to engage in a meaningful manner with members that differ in age from 18 to 90 plus living all over the world. The year 2018 will be remembered for innovation in this regard, which we believe will become part of our tradition. The list includes:

  • Founders’ Day Sport, where the Old Boys took on the current school boys on the cricket and soccer pitches. In the final cricket match, the Old Boys’ Legends provided a thriller and took the spoils.
  • An inaugural London Old Boys meeting was attended by about 40 guests, with the Rector, André van Staden, amongst them. Giuseppe Ciucci (1981) hosted this event at Stonehage Fleming’s offices in central London. The London Old Boys committed themselves to help us organise more such events in London.
  • The first “Seniors” Lunch for matrics from 1966 and earlier took place in September and was sponsored by the Old Boys Union. It was well attended with more than 90 guests.
  • Gauteng held a very social family event at Jean Meiring’s house, which was attended by almost 70 guests. Jannie Durand was the guest speaker and not even the persistent rain could dampen the joyful event!

    By die Gauteng-saamtrek was (agter van links) Kobus Stoeder (1982), Hugo Vermeulen (1981), Frede Louw (1982), Abrie Schneider (1985), Gustav Potgieter (1981) en (voor) Jaco Taljaard (1983).
  • The sub-committee for rugby held two successful events to raise funds helping the school with its endeavours to improve the game of rugby at the school.
  • A new venture, “Meet our Boks”, was also held at Giuseppe Ciucci’s offices. Thanks to Schalk Brits for organising his fellow Boks, Damian Willemse, Steven Kitshoff and Willie le Roux, to attend this evening in London.
Op die vooraand van die onlangse rugbytoets teen Skotland het ons huidige vier Old Boy Springbokke, naamlik Damian Williams, Steven Kitshoff, Willie le Roux en Schalk Britz kans gekry om ‘n paar woorde met Old Boy Josh Strauss, wat vir Skotland uitgedraf het, te wissel.

Ons sien baie uit na 2019. Die volledige program met al die belangrike datums verskyn elders op hierdie nuusblog, maar ek wil graag die volgende twee funksies uitsonder:

  • Ons massareünie is op die vooraand van die tuiswedstryd teen Paarl Gim op 17 Mei. Dankie vir die reüniegroepe wat hul reünie vir hierdie naweek organiseer. Dit maak dit net makliker vir die OSU en die skool om ’n beter ervaring te bied.
  • In Augustus gaan ons die Helene van Wyk Paul Roos Old Boys Welwillendheidsfonds stu deur middel van ’n karloting. Kontak my asseblief indien enigiemand belangstel om ook geld te bewillig. Ons is besig om ’n Art 18A-maatskappy te stig, wat enige bydrae ingevolge SARS-regulasies belastingaftrekbaar sal maak. Steven Rosendorff is besig om ons Kanadese en VSA Old Boys te mobiliseer.

Sonder onder andere die volgende mense sou 2018 nie so suksesvol gewees het nie:

  • Elza van der Walt;
  • André van Staden (100% teenwoordigheidsyfer by ons vergaderings!);
  • Francois Schoombee en sy subkomitee vir rugby;
  • Tertius Relihan en sy Gauteng-komitee;
  • Steven Rosendorff;
  • Bertus de Bruin en Cobus Visagie, wat “Meet our Boks” moontlik gemaak het;
  • Al die Old Boys vir jul entoesiasme en ondersteuning; en
  • Laastens, maar allermins die minste, die Old Boys-komitee.

’n Baie geseënde feestyd en alles wat mooi is vir 2019. Reis asseblief veilig wanneer julle die langpad vat!

Gustav Potgieter

Voorsitter
gustav@aurumtrust.co.za
083 302 1525