In a thrilling speech to celebrate the 150 years of Paul Roos Gymnasium, old boy Waldimar Pelser, a national newspaper editor and television presenter, pointed out that we cannot tame uncertainty, but those who walked the way before us were not bad at reacting to change and making it happen.
Die skool het nie net regters en advokate, ministers en ambassadeurs, wynmakers en finansiers, Bybelvertalers en argitekte opgelewer wat grense in hul eie omgewings verskuif het nie, maar is ook al 150 jaar ʼn broeiplek vir rebelle, vir skrywers en digters wat ons nuut laat dink, pianiste en komponiste wat ons nuwe dinge laat hoor, skilders, beeldhouers en fotograwe wat ons op nuwe maniere na ons wêreld laat kyk, en mense met ‘houdingsprobleme’ wat alarm maak en daarop aandring dat ons dinge anders begin doen.
Although rebels are usually not popular in their time, it is to the school’s credit that its teachers have for 150 years allowed space within each year group for those who swam against the flow.
Terwyl die skool met reg trots kan wees op die meer as 50 Springbokrugbyspelers wat hy opgelewer het, is dit eerder die beginsel van dié sport wat van groot waarde op politieke terrein, in raadsale en klaskamers is: die samesnoering van mense wat nié presies dieselfde dink of lyk nie, verskillende vaardighede het, en dinge nie eenders doen nie om saam in een span te speel.
The school survived wars and changes in technology, politics and in the values and norms of society and despite adversity made major progress, especially in terms of facilities. We have many achievements on which to build.
Maar dit is nie die verlede wat die koers van die skool oor die volgende 150 jaar gaan bepaal nie. Dit gaan afhang van die keuses wat ons maak en die soort mense wat ons in die wêreld uitstuur.
Om Waldimar Pelser se volledige toespraak te lees, kliek hier: PRG Feesboodskap (pdf)
