
Die Helderberg Polla is op die wynplaas Pink Valley net buite Somerset-Wes op Donderdag 25 Oktober 2021 gehou en baie goed deur Old Boys in die omgewing ondersteun.
Die aand het afgeskop met ‘n insiggewende gesprek onder leiding van Stephan Jordaan oor belangrikheid van die Old Boys by Paul Roos en die impak wat Covid-19 op Paul Roos se sport die afgelope jaar gehad het.
Daarna het die jong Kade Wolhuter(2019) ons geïnspireer deur ons meer te vertel van sy rugbyloopbaan wat in die U14C-span begin het tot waar hy vandag ‘n professionele rugbyspeler is.
Die aand se formele aktiwiteite is afgesluit met ‘n wynproe deur die Taaibosch/Pink Valley se jong wynmaker Petri Venter(2014).
Soos gewoonlik was daar baie stories uit die verlede vertel saam met ou vriende, maar daar is ook nuwe vriendskappe gemaak! Die Helderberg Polla- groep kan nie wag vir die volgende Polla nie en daar word reeds beplanning vir volgende jaar gedoen.
Helgard Slabbert (1990)
