Edition / Uitgawe Apr 2023

Matrikulant presteer in Moderne Vyfkamp

Ontvang van Coenie van Vuuren

Benjamin van Onselen (gr 12) het op Saterdag 11 Maart 2023 goud verwerf in die seuns o19 afdeling van die 2023 Wes-Kaapse Provinsiale Moderne Vyfkampkampioenskappe.

Moderne Vyfkamp bestaan uit die volgende 5 dissiplines: ‘n hindernisbaan, skerm, swem en gekombineerde laserpistoolskiet(4) en hardloop.

Benjamin het ook die vereiste totale aantal punte behaal om die Wes-Kaap by die SA Nasionale Moderne Vyfkamp- en Vierkampkampioenskappe vanaf 7 tot 8 April 2023 in Bloemfontein te verteenwoordig.