Edition / Uitgawe Apr 2023

Graad 8’s laat hul mentors se skoene blink

Onlangs was dit weer tyd vir die  tradisisonele “Shoe Shining“-geleentheid waar die graad 8’s hul graad 12-mentors se skoene poets.

Hierdie geleentheid simboliseer dat die graad 8’s hulle PRG-waardes uitleef soos dit in die eerste week van die jaar by hulle ingeskerp is. Dis ‘n teken van respek teenoor hulle mentors wat ‘n groot bydrae gelewer het om hulle te help aanpas in hul nuwe skool.

Te oordeel aan almal se breë glimlagte het dit vanjaar baie goed met die aanpassingsproses gegaan.