Die Oudskoliere-unie wil graag PRG ondersteun met die digitalisering van jaarboeke, fotos en dokumente. Meer besonderhede sal in die loop van aanstaande jaar gegee word nadat verdere ondersoek na spesifieke behoeftes en kosteberekenings gedoen is.
Waarom by hierdie projek betrokke raak? Die digitalisering van die data sal dit moontlik maak dat PRG se geskiedenis vir die nageslag permanent vasgelê word. PRG se geskiedenis sal daardeur wêreldwyd as ‘n digitale museum beskikbaar wees.
Die digitalisering van die oorspronklike PRG data word ook gedoen om te verseker dat slytasie of beskadiging van data, verhoed kan word.
Die digitalisering sal die gebruik van inligtingstegnologie vir navorsingsdoeleindes ten sterkste bevorder en sal die ontleding van datastelle bewerkstellig wat veel groter is as wat ’n menslike navorser dit ooit sou kon doen.
‘n Korpus analoogdokument sal geskep word wat digitaal beskikbaar sal wees om groot hoeveelhede inligting te prosesseer en te hanteer. Die korpus sal elektronies toeganklik wees met miljoene woorde wat die taalgebruik van gebruikers sal weerspieël.
Digitisation has numerous benefits, including making information available globally and adding to a museum’s archival role by providing faithful copies to researchers without exposing the original documents to the elements and to wear and tear. Handling digital material saves time and enables staff to attend to the collection, retrieval, and preservation of analogue documents. By making a digital copy, the handling of the original document will be reduced. The digital copy can then be accessed simultaneously by many more users in diverse locations, subject to whatever access controls are appropriate for the information required.
The primary objective of the digitisation project is, therefore, to enhance and ensure access to Paul Roos Gymnasium’s history. For this, we urgently need funding and as potential stakeholders. We would like to invite you to be part of this big Maroon Legacy Preservation…as soon as there is more clarity about needs and cost implications.
