Geagte Old Boy
Ons is al sowat ’n kwart deur 2017 en die jaar snel voort. Die Old Boys se amptelike fondsinsamelingsprojek om ons kantoor en aktiwiteite te finansier, is agter die rug en hoewel ons nie ’n “vol veld” gehad het nie, het ons begroting geklop, danksy ’n goeie veiling wat deur Tokkas van Heerden (1983) gehanteer is.

Ons gholfdag is goed ondersteun en ons oorhoofse borg, Lew Geffen Sothebys, het ingestem om volgende jaar weer die hoofborg te wees. Die wenners (soos gewoonlik) was Bles Kemp, Boitjie Vermeulen, Chris Theron en Andre Loedolf. Baie geluk en ons hoop om volgende jaar weer al die deelnemers en nog talle meer te sien by die Paul Roos Classic, als ten bate van die Old Boys.
You have probably noticed that this year’s annual dinner/AGM/mass reunion is going to be held at the Stellenbosch Golf Club. We would have preferred to host it at one of the school’s venues, but spiralling costs brought about by the hiring of equipment, the bringing in of waiters, etc, necessitated the change. However, if we can in future find solutions to these problems we can hopefully have it at the school again. Our guest speaker for the dinner is Dr Michael Jordaan (1985), previously CEO of FNB, whilst Bun Booyens (1977) will be the master of ceremonies. I would like to thank all our generous winemakers who donated wine for the dinner. Thanks to you all!
Op 1 Mei verwelkom ons skool ons nuwe rektor, mnr. Andre van Staden van die Hoërskool Pearson in die Oos-Kaap. Ons wens hom alle voorspoed en sterkte toe vir dié belangrike pos en sien daarna uit om die goeie verhouding met die skool voort te sit onder leiding van mnr. Van Staden.
Unfortunately, this welcoming is on the heels of a good-bye. We have had to greet Mr Jannie van der Westhuizen who served our alma mater for ten years selflessly and retired at the end of March. Thank you for your great contribution and may you enjoy good health and a carefree and relaxed retirement in George. Thank you also to Mr Frans van Niekerk, who will act as rector during April.
Ons speel ons eerste gholf-interskole vanjaar op Donderdag 25 Mei teen Boishaai op die Devonvale-baan. Die OSU-dinee word op Vrydag 26 Mei gehou, net voor die kragmeting teen Boishaai daardie naweek. Die gholf-interskole word vanjaar deur Boishaai gereël en volgende jaar is dit weer ons beurt. Almal, ongeag jou voorgee, is welkom om in te skryf via die volgende webblad: https://goo.gl/forms/lhoz8rXxyX70twzC2. Ons versoek julle om asseblief so gou moontlik in te skryf.
You will soon receive an opinion survey about the social activities of the Old Boys. It is not going to take more than five minutes to complete this form. Please help us to provide a better service.
Daar is soms navrae oor die gebruik van Engels in ons kommunikasie aan old boys. Die rede hiervoor is dat Paul Roos ’n dubbelmedium-skool is en die huidige beleid is om beide tale gelykwaardig te behandel. Die skool het onder meer Afrikaanse en Engelse weke. Die samestelling van die skool het ook verander van primêr Afrikaans na omtrent ’n 60/40 Afrikaans-Engels–verhouding. Ons hoop almal toon begrip vir hierdie tweetalige benadering.
We are looking forward seeing you at the various events in 2017!
Warm regards
Gustav Potgieter
Chairman/Voorsitter
gustav@aurumtrust.co.za
083 3021525
