CONSTITUTION AMENDED TO ENSURE CONTINUITY
Dear Old Boy
What a busy second quarter we had!
Our annual mass reunion was held, which was much more rewarding than imagined. The panel discussion lead by Advocate Jean Meiring (1991), with Pieter du Toit (1997), editor of the Huffington Post and co-author of Enemy of the People, and Pieter-Louis Myburgh (2003), investigative journalist and author of Republic of Gupta, gave us a valuable insight into South African politics and how they see our country’s future unfolding. Yes, there are positive happenings!
Kliek hier om meer foto’s van die dinee te sien.
Foto’s: Digital Warehouse
At the AGM our constitution was amended to improve continuity: the chairman’s term of 4 years will be phased to run over two committee terms, two years with the “old” committee and two years with the “new” committee. That means that you will have to bear with me until 2020!
Die volgende lede is tot die nuwe komitee (2018-2022) verkies:
- Gustav Potgieter (1981) tot 2020, Voorsitter;
- Flip de Bruyn (1991), Onder-voorsitter;
- Pieter-Jan Bestbier (1986), Tesourier;
- Francois Schoombee (1978), Regsake/Rugbykomitee/ Welwillendheid;
- Chris Theron (1991), Markötter/Welwillendheid/Mentorskap;
- Matt Daneel (2006), Sosiale media en Bemarking; en
- Johan Conradie (2009), Stigtersdagsport/Voordele vir lede.
In aansluiting by die skool se prestasies op verskeie vlakke, wen die Old Boys hul gholfkragmetings teen sowel Grey PE as Boishaai. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het.
Die subkomitee vir rugby wat op die been gebring is om die skool te ondersteun waar nodig, het ʼn baie suksesvolle Kapteinsete gehou. Alle eerste- en tweedespankapteins is gevra om ʼn tafel met spanmaats vol te maak. Meer as 200 oud-rugbyspelers het dié geleentheid bygewoon. Die eerste vyftiental se truie is deur oud-kapteins aan die spanlede oorhandig en in een geval was dit ʼn oupa, Attie Mostert (1953) aan ʼn kleinseun, Juan Mostert. Sulke oomblikke is mos baie spesiaal! Ons het groot planne met die Kapteinsete, wat voortaan in die derde kwartaal sal plaasvind. Hou jul e-pos dop!
Another initiative of which you will be informed by e-mail, is the establishment of a Benevolent Fund/Project, which is still in process. Francois Schoombee (1978) and Chris Theron (1991) will be the driving forces behind this.
Wat ondermeer beoog word, is:
- Hulpverlening aan Old Boys (klasmaats) wat emosionele ondersteuning benodig, byvoorbeeld met trauma, verslawing, ensovoorts;
- Die lewering van dienste (soos sielkundige berading, mediese dienste, rekenkundige dienste, ensovoorts) onderling tussen Old Boys.
- Borgskappe (enige bedrag) vir behoeftige Paul Roosers of toekomstige Paul Roosers; en
- Loopbaan-navolging (“job shadowing”), waarmee jy of jou maatskappy vir ʼn graad 11 Paul Rooser twee tot vier dae as mentor optree. Daar is heelparty leerders wat graag meer te wete wil kom van verskillende loopbane, byvoorbeeld in die regte, die mediese veld, die film-, klank- en musiekbedryf, of as ouditeurs, ingenieurs, joernaliste, mediese beroepe, ensovoorts.
Baie dankie aan almal wat al positief gereageer het. Dit is ʼn nuwe uitdaging, maar die positiewe gesindheid en terugvoering van ons Old Boys is werklik ʼn riem onder die hart.
Those of you who attended the Paarl Boys High match would have noticed that we have created a space for the Old Boys to get together after the match. A Big Box was set-up and Old Boys and friends celebrated our victory over Boys High for hours after the match had finished. We are working on improving Old Boys’ experience/entertainment at Markötter. As per the committee portfolios, you will notice that Chris Theron would be running this portfolio.
Komende funksies:
- 5 Julie 2018: Londen reünie/dinee
- 3 & 4 Augustus 1998: 20-jaar reünie
- 17 Augustus 2018: Grey Bloem-gholfdag op Stellenbosch
- Augustus / September (datum volg): 1973 se 45-jaar reünie
- 13 September 2018: Rugby-gholfdag op Stellenbosch
- 14 September: Middagete vir Old Boys 70 jaar en ouer
- 13-15 September 2018: SASAA-konferensie by Somerset College
- September 2018 (datum volg): Gauteng-massareünie
Alles wat mooi is. Mag die riviere vloei en die damme vol raak hierdie winter!
Vriendelike groete van jul OSU-komitee
Gustav Potgieter
Voorsitter / Chairman
083 302 1525
gustav@aurumtrust.co.za
