Edition / Uitgawe Sep 2018

Meeste ontvangers van US se Kanseliersmedalje kom van Paul Roos Gimnasium

Twee van die Old Boys wat die afgelope tyd met die bekendstelling van boeke die oog gevang het, was ook Kanseliersmedaljewenners aan die Universiteit van Stellenbosch.

Wilhelm Verwoerd en SF (Fanie ) du Toit se boeke, onderskeidelik Bloedbande en When Political Transitions Work, het onlangs verskyn. Wilhelm het die kanseliersmedalje in 1989 ontvang en Fanie syne in 1990.

In die 57 jaar tot in 2017 wat die Kanseliersmedalje al toegeken word sedert die Universiteit van Stellenbosch dit in 1961 ingestel het, het oud-leerders dit reeds 13 keer ontvang Dit is dus nie minder nie as 22,81% van die totale aantal ontvangers.

Mariena Kotze
PRG Argief