The upgrading of the school hostels, which forms part of the Masterplan for the School Campus, is progressing well, but financial support from Old Boys, past parents and current parents is needed to complete it in line with the original planning. The school came up with a great initiative to give recognition to donators.
Die opgradering van Paul Roos Gimnasium se koshuise vorm deel van die Meesterplan vir die Skoolkampus wat vroeër vanjaar bekendgestel is. Die tweede fase van die koshuisopgraderingsplan wat net na Juniemaand afgeskop het, sluit in die vernuwing van Nova se koshuiskamers, die voorsiening van verblyf vir assistente en die bou van ’n nuwe ontspanningsaal.
Fase 1 is in Januarie afgehandel toe 48 beddens van Prima opgegradeer is.
By afhandeling van die projek op 10 Desember vanjaar sal 35 beddens in Nova afgelewer wees, met afwerkings van topgehalte en splinternuwe meubels, soos op die foto’s 1 en 2 gesien kan word. Kragtoevoer na die kamers is verbeter en die badkamers is ook opgeknap. Geen verdere opgradering sal vir die volgende vyftien jaar nodig wees nie.
Die nuwe ontspanningsaal en akkommodasie vir agt assistente/volwassenes in Nova sal teen 20 Februarie 2019 voltooi wees. Op die derde foto kan gesien word hoe mooi die bouwerk aan die ontspanningsaal en die akkommodasie vir die assistente vorder. Hierdie sal die nuwe vooraansig van Nova wees.
Op foto’s 4 en 5 kan gesien word hoe die bouwerk bestuur word. Die plan is om vir 2019 en die eerste deel van 2020 tien beddens vakant te hou sodat op rotasiebasis deurlopend vyf kamers per slag opgegradeer kan word.
Die sperdatum vir die opgradering van die koshuise is einde Junie 2020. Die bereiking van hierdie mikpunt is in ’n groot mate afhanklik van die bydraes van Old Boys.
Frans van Niekerk, adjunk-rektor verantwoordelik vir Bemarking / Kommunikasie / Koshuise, sê Old Boys, huidige ouers en oud-ouers het reeds R500 000 bygedra. Donateurs kry erkenning met behulp van ’n naambord wat bokant die ingang na ’n koshuiskamer aangebring sal word.
Soos Frans dit stel, hier is ’n wonderlike geleentheid vir die koshuismanne van weleer om saam met hul destydse kamermaats te span om terselfdertyd die koshuise te vernuwe en blywende herinneringe vir die volgende geslag na te laat. Hy is oortuig daarvan dat die koshuismanne van weleer hul kant sal bring om hierdie doelwit te bereik. Klik hier vir meer inligting.
In wyle mnr. Bill Moolman se woorde… cometh the hour cometh the man.
Hugo Truter
