Matrieks van 1963 kuier saam in Melkbos

Einde November het twaalf matrieks van 1963 hul reünie van Meimaand in ’n goeie luim by Melkbos se Damhuis voortgesit. Voor van links is Johan de Beer, Walter Scheffler, Eben Brink, Evert Cilliers en Olla Olivier. Agter staan van links Snoekie du Plessis, Ronnie Chorn, Hennie Brandt. wat die byeenkoms gereël het, Piet Smit, Johnny van Heerden, Nico Kriek en Theo Mey.

In memoriam

Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is.

We would like to pay tribute to the following members of our fraternity who shared our hallowed school grounds with us and contributed in some or other way to the memories many of us treasure.

Sedert ons vorige uitgawe van September 2018 het ons van die volgende sterfgevalle verneem:

  • Piet Vos (1951): oorlede op  21 Augustus 2018;
  • Pieter Delport (1961): oorlede op 7 Oktober 2018;
  • Alex Versfeld (1966): oorlede op 19 Oktober 2018;
  • Joshua Searle (2017): oorlede op 27 Oktober 2018; en
  • Gertjie Brynard (1956), oud-Springbokvleuel van 1965-68: oorlede op 2 Desember 2018.

Gertjie Brynard (1956): oorlede op 1 Desember 2018

Gertjie Brynard het van 1965 tot 1968 in sewe toetse vir Suid-Afrika gespeel en sal veral onthou word vir sy twee drieë in die derde toets teen die All Blacks in 1965, die enigste toets wat die Springbokke in hierdie reeks van vier toetse kon wen.

Volgens ‘n berig in Maroelamedia van 5 Desember 2018 het die legendariese Nieu-Seelandse joernalis Terry McLean Brynard na die toets as “iemand met ‘n skerp brein, ‘n hart so groot soos ‘n pampoen, die voete van ‘n veergewigbokser en die vaart van ‘n (egte) springbok” beskryf.

Brynard qualified as a medical doctor and had practices in South Africa and Namibia. After his retirement, he and his wife, Rhoda, settled in Hermanus and later Onrus. His funeral service will be on Sunday 9 December at the Dutch Reformed Church Onrusrivier.