Dear Old Boy
With the year 2019 now really racing to the end, it is now a good time to reflect and be thankful.
Ons alma mater het ses spelers opgelewer wat aan die 2019 Rugbywêreldbeker-toernooi in Japan deelgeneem het. Volgens bronne is dit ʼn nuwe wêreldrekord! Baie geluk aan Schalk Brits (1999), Willie le Roux (2007), Steven Kitshoff (2010), Damian Willemse (2016) en Herschel Jantjies (2014) met jul goue medaljes. Braam Steyn (2010), ons sesde verteenwoordiger, het uitgedraf vir Italië.
Elza and I attended the SASAA (South African Schools Alumni Association) conference at Eunice in Bloemfontein and we are proud to report that Paul Roos Old Boys’ Union is much respected and regarded as one of the leading alumni associations. An immense thank you to all the Old Boys who contributed.
Ons tweede senior Old Boys-ete was weer eens ʼn sukses! Dit is altyd heerlik om te sien hoe ons gaste van 70 jaar en ouer vriendskapsbande weer hernu. Die oudste twee Old Boys teenwoordig was mnre. Tielman Joubert (1945) en Callie Skibbe (1945).
Oud-appélregter John Trengove het op 3 Oktober sy 100ste verjaarsdag gevier. Ek en Elza het hom besoek en ʼn bottel Splendidior aan hom geskenk.

The Grade 12’s of 2019 are our new champions! No less than 65 Grade 12’s joined the OBU as paid members, which is an all-time record. The OBU is extremely thankful to the boys and their parents.
Graad 12’s van 2019 versterk Old Boys se geledere

Ons is almal baie opgewonde oor die vestiging van die Pollas (nasionaal en internasionaal) waarvan die meeste Polla-streke op 28 November ʼn geselligheid hou. Die doel daarvan is om kwartaalliks op ʼn informele vlak te sosialiseer, netwerke te vorm en waar moontlik mekaar te ondersteun. Elke streek besluit self oor hoe hule dit wil aanpak. Baie dankie aan Chris Theron (1991) en al die ander streekskoördineerders vir hulle bereidwilligheid om te help met die vestiging en uitbouing van die onderskeie Polla-streke.
Hou asseblief ons Facebook-blad en e-pos dop om op hoogte te bly van byeenkomste. Klik hier om te sien wie vat voor in jou streek.
We are also proud to mention that the Old Boys’ Union made a donation to assist with the upgrading of the school’s CAT classroom (computers).
As your Old Boys’ committee, we believe our school and Old Boys’ Union had an excellent year. We are looking forward to the new year’s challenges and will strive to make it an even bigger year in 2020. Please keep in touch and do send us news and valuable information.
ʼn Geseënde Kersfees en mag 2020 vir elkeen ʼn besonder voorspoedige jaar wees! Indien u gaan reis, reis asseblief veilig en geniet die vakansie.
Semper Splendidior!
Vriendelike groete van jul Old Boys-komitee.
Gustav Potgieter
Voorsitter
083 302 1525
gustav@aurumtrust.co.za
