
Geagte Old-boy
Die Covid-19 pandemie bly voorbladnuus en al was ons tydens hierdie skrywe op vlak 1 in Suid-Afrika, is dinge nog ver van normaal. Dit was vanjaar baie moeilik om die OSU te bestuur en gesellighede soos die jaarlikse massareünie en klasreünies aan te bied.
Een van ons uitdagings vanjaar is die moderne biblioteek wat die skool kry met die omskepping van die ou metaal-en houtwerkklasse. Dié fasiliteit gaan vernoem word na ons alma mater se eerste Afrikaanse rektor, JF Marais.
Die skool verkeer onder geweldige finansiële druk weens Covid-19 se ekonomiese impak en het die OSU gevra om hulle te help om dit te befonds. Die OSU het uit eie fondse R370 000 (23.13%) bewillig as bydrae tot dié R1.6m projek.
As percentages individuals in the following classes contributed as follows:
| 1966 | 3.12% |
| 1973 | 10% |
| 1976 | 1.56% |
| 1981 | 10% |
| 1982 | 1.56% |
| 1983 | 0.63% |
| 1991 | 1.88% |
| 1996 | 4.68% |
| 1998 | 3.12% |
| Other | 2.44% |
So far 62% of the project is funded and we need donations, big or small, to help our school to provide this much-needed facility to its learners. Remember, even a small donation of R100 can make a difference! We would also like to thank those who offered their time to help with the library project and for Portchie (1981), who is donating a painting.
Class or individual donations in excess of R20 000 will receive a small copper plate or brick engraved with their name as a token of appreciation. Those who are looking for a tax break, an Article 18A donation certificate can be issued and in the UK we can do similar via the SFCF RE PRG Foundation. Please help us to assist the school in making this project possible.
Toelating tot die skool vir Old-boys se familie en kinders bly ‘n netelige kwessie en ons kry baie versoeke om hulp. Ons ervaring oor die afgelope jare is dat die skool baie toeganklik is om te luister, maar ongelukkig is daar kriteria wat gevolg moet word, veral as ‘n mens in ag moet neem dat daar ongeveer 800 aansoeke vir 250 plasings ontvang word. Die keuring werk op ‘n puntestelsel, wat gegrond word op akademiese, sport-, kultuur- en leierskapsprestasie, algemene betrokkenheid en ‘n vertroulike verslag wat van die laerskool ontvang word. Oud-skoliere se naasbestaandes kry nog ‘n verdere 10 bonuspunte uit ‘n totaal van 120. Dit is baie belangrik dat ons tradisies deur geslagte voortgesit word, maar ons as ouers, moet ook ons seuns help om die toelating te vergemaklik. Maak seker dat hulle met dit wat hulle op laerskool gedoen het, hulle aan PRG “verkoop”.
Die skool gaan uit sy pad uit om oud-leerders se kinders te akkommodeer, maar die leerders moet aan die evalueringskriteria voldoen.
Die Old-boys-baadjies is beskikbaar by Splendidior, die handelsmerkwinkel geleë onder die Japie Krige-saal. Daar is reeds sowat 60 baadjies verkoop. Weer eens dankie aan Boitjie Vermeulen (1991) vir die werk ingesit.

The question is often asked: “Why do I need to be a member in good standing ( paid up) of the OBU?”. The answer is actually very simple, apart from the benefits of the Semper Wine Club, voting rights, etc, it helps us to run our office with two staff members and we also assist the school financially with specific projects.
Projects that we have supported over the last 3 years are:
- “LPR” quad
- Computer Center
- JF Marais Library
If possible, please become a member in good standing, we need your support. You have a choice between a three-year- or a lifelong membership.
Die Algemene Jaarvergadering vind op Donderdag 22 Oktober om 18:00 in die Suite van Markötter plaas. Hierdie jaar is daar geen dinee nie, maar almal is welkom om na afloop van die AJV ‘n drankie saam te geniet.
Die datum vir volgende jaar se reünies kan ons nou met groter sekerheid deel. Ons glo dit gaan gebeur en doen ‘n vriendelike beroep om solank die naweek van 4 Junie aan te teken as ons groot naweek van 2021, vir die massa-reünie en jaarreünies.
Mooi loop en geniet die vryheid van vlak 1 van die inperking!
Vriendelike groete van jul Old-boys-komitee
Gustav Potgieter
Voorsitter
083 302 1525
gustav@aurumtrust.co.za
