Edition / Uitgawe Dec 2020

Klas van 1973 stap saam

Klasmaats van 1973 wat woonagtig in die omgewing is, het op 17 Oktober 2020 ʼn ent gaan stap in die Jonkershoekvallei en daarna ontbyt geniet by Postcard Café.

Op die foto verskyn van links Dawid van Niekerk, Kobus Schonken, Pieter van Zyl, Christo Olwage, Leon Mostert, Pieter Oosthuizen, Sarel Steel, Jannie Hanekom, Skip Krige, Danie van Niekerk en Pierre Vosloo.

Hierdie stappie het ook weer die inspirasie teweeggebring om die destydse tradisie van Lenteloop te laat herleef op 4 September 2021.

Vir meer foto’s, besoek die Paul Roos Old-Boys Facebookblad.