Jean Meiring (1991) is in Februarie as nuwe voorsitter van die Taalmonumentraad vir ‘n termyn van drie jaar aangewys.
Die Taalmonumentraad bestaan uit nege lede wat ‘n breë spektrum waardevolle kundigheid op die terreine van taal, kultuur, regte en finansies verteenwoordig. Benewens Jean, is die volgende mense vir drie jaar aangestel: me Sibongile Tsoleli (ondervoorsitter), prof Anne-Marie Beukes, me Heidi Erdmann, mnr Jurie Saal, mnr Lionel Adendorf, mnr Logan Munsamy, me Suren Maharaj en dr William Langeveldt.
Klik hier vir meer inligting oor die raad en wat van hulle verwag word.

