PRG Fun times

If you have ever wondered what is going on at the school grounds of our alma mater, here is a video that will probably cause your jaw to drop.

Today’s learners are still having fun, perhaps even more so than in the good old days.

Let us know what you think.

Nou is te laat!

Die OSU-kantoor het ons laat weet dat die feeswyn Splendidior 150 totaal uitverkoop is.

Dankie aan almal wat gehelp het om hierdie Cabernet Sauvignon met ‘n vierstergradering van John Platter te maak. Dit het die volgende kelders ingesluit: Beyerskloof, Edgebaston, Kaapzicht, Kanonkop, Kleine Zalze, Meerlust, Middelvlei, Neil Ellis, Overgaauw, Rust en Vrede, Simonsig en The Stellenbosch Reserve.

Hopelik is daar nog ‘n paar bottels in iemand se kelder as jy wil vasstel of  Platter in die kol was met sy  beskrywing: “Silky smooth body, a long life ahead. Splendid indeed!”

1959 Matrieks kuier

By die 1959 Matrieks se onlangse kuier was van links Len Goodchild, Bernhard de Clerqe, Chris Joubert, Shiela Ackerman, Barry Ackerman, André Liebenberg, Willie van Zyl, Leonico Erasmus, Louis Wessels, Amanda Liebenberg, André de Klerk, Appie Louw, Roekie Louw, Willene de Clerqe, Marlene Roux, Polla Roux, Rina Erasmus en Annette de Klerk.

‘n Kykie op die reünie van die 1992 klasgroep

By die verwelkoming voor die Hoofgebou op 19 Augustus 2022 was Peter Smit (heel voor), Ronald West, Anton Prinsloo, Riaan Marais, Jannie Ruppersberg, Robbie De Villiers, Gerrit Wessels, Dawid Kriel en Johan de Kok in die voorste ry; en Stephan Gerber, Ehrich Kruger, Emiel Jonker, Robert Arnot, Johan Schwartz, Peet Le Roux, Andries Engelbrecht, Phillip van Staden, Micheal Siebert en Leon Bester agter.

Continue reading ‘n Kykie op die reünie van die 1992 klasgroep

Namib-Polla byeen op Swakopmund 

Elf van die 22 Old Boys in Swakopmund het die onlangse Polla-kuier daar bygewoon.

Die name op die eerste foto is van links regsom die tafel: Quintin Jonck (met die Old Boys-baadjie) (1991), Erhardt Swiebel (1971), Jacques de Jager (1989), Marko Buttner (2013), Alec Kibble (2019), Horst Weimann (1987), Gerhard Tötemeyer (1955),  Zigi (Siegfried) Wagner (1956), Sven-Olaf Bergendahl (1985), Brandon Laing (1987) en Meino Mast (1981).

Continue reading Namib-Polla byeen op Swakopmund 

Ek het hom geken…

deur Piet Marais (1968)

CHRISTO VOLSCHENK… Ek het hom geken. Hy was my vriend.

Ek gaan op my knieë uit dankbaarheid dat so ‘n mens in my lewe, nee, ons almal s’n,  geskenk is.

Hy was ‘n man, vader, seun, broer, sportman, vriend van vele, ‘n vertroueling, akademikus en bowenal in ons arena gesien, ‘n insiggewende skrywer en joernalistieke gladiator, maar veral, mens.

Continue reading Ek het hom geken…