Edition / Uitgawe Dec 2022

Herkoms van Markötter, ander vanne, straatname en plekname

Have you ever wondered what the origin of the names of people and places is we are so used to in PRG and environs context. Riël Cillié (1961) enlightens us.

Dis algemeen bekend dat PRG se sportgronde vernoem is na een van die pioniers van Suid-Afrikaanse rugby, maar waar kom dit eintlik vandaan? Die herkoms en betekenis van familiename en plekname is vir Gabriēl Cillié (Riēl) (1961) hoogs interessant, veral as dit uit verre lande gekom het.

Hy vertel meer:

Markotteren (Nederlands) beteken om steggies te maak – nuwe plante deur takkies in vrugbare, klam grond aan die groei te kry. Marcotter in Frans. Dit mag toevallig wees, maar die woord Markötter toon ‘n merkwaardige analogie met die hele skoolproses: leerlinge wat deur die jare moet groei in kennis, sportprestasie, ens.

Paul Roos-Gimnasium: Dankie vir my 10 jare daar, is veral trots op my Duits. Paul Roos het in Van Riebeeckstraat gewoon, en my oupa langsaan in nommer 36. Sy seun Gideon Roos was  meer as tagtig jaar my pa se beste vriend. Talle kere het Oom Gideon vir my pa se verjaarsdag (13 Julie) na ons huis in Pretoria gekom. Om hierdie twee tagtig-plussers te sien sit en oor die ou dae gesels en skaterlag, was ongelooflike teater. Ons het slegs gekyk en saamgelag! 

Rugby kom van die dorp Rugby in Engeland. Daar is ook Fishby, Whitby, Allanby ens. In Deens, Noors en Sweeds is -by die woord vir dorp, uitspraak BU.

Staden stem ooreen met die dorp Staden in België, suid van Oostende en wes van Gent.

Enkele onderwysers

  • (Oom At) Slabber = Nederlands: ‘n soort van haring-skuit.
  • Hough (hock) = Engels: gedeelte van viervoetige dier se agterbeen tussen knie en enkel.
  • Breytenbach/ Breitenbach = Duits: breed + rivier
  • Mimi Toerien = My musiekjuffrou, wat ook geskilder het. Toerien kom van Göteborg, Swede. Daar naby is ‘n dorpie Törringe.

Enkele skoolmaats se vanne

  • Avenant = Frans: innemend
  • Brynard = Bryn Engels: hill.
  • Tielman (de Waal) kom ooreen met Theal (Engels), Tilleul (F) Lindeboom = lemmetjieboom.
  • Flaaten, Voorsitter van Old Boys: Flaaten (Noors) = raft or fleet (Afr vloot). Dubbel aa in Noors word “ô” uitgespreek.

Strate in Stellenbosch

  • Crozierstraat: Die gekromde staf van ‘n biskop. Ook Crosier.
  • Keet Street: Temporary or small hut for storage or labourers. In English: Keat, Keit, Kett.
  • The Mystery of Minserie: About 80 different spellings were collected by my parents during 50 years. Mincerie is French, meaning poverty. (There is only ONE street in France: La Mincerie in Campeau, Basse Normandie, France.) This refers possibly to the area just outside the village where the rubbish was discarded. Only pieces of broken glass and pottery would have survived the centuries. I do have a collection of pieces of pottery and glass, picked up on our property in this street. This area was, at some point in history, just outside the village of Stellenbosch.
  • Morkel: Spiselig Morkel (on a stamp) is Danish for an edible mushroom. Morkel (also in Nynorsk) for Morel mushrooms (English and Norwegian), morille in Dutch, Morielje (Afr), Morchel (German), morelle (French) or morchella in Italian. It has a honeycomb appearance.
  • Rattraylaan kom van rath (Iers) = prehistoriese ring-fort plus tref uit Wallies wat nedersetting beteken. Raithby, bekende nedersetting naby Stellenbosch, Rathbun, ‘n familienaam uit Ierland..
  • Treffen (om te ontmoet) kom voor in Duits en Afrikaans. Treffe in Norweegs. Alternatiewe betekenis van treffen is: pyl wat sy mikpunt tref.
  • Rowanstraat: Bessie van die berg-esseboom. Dit kom voor in VSA en Noord-Europa. Gebruik in konfyt. Raun in Norweegs.
  • Annandale: annan/ annen = tweede in Noorweegs. Dus tweede dal.

Geboue in Stellenbosch

  • Purdon Gilmour (bekende prokureur) in Dorpstraat: In Frans: Pur = pure/suiwer; don = geskenk
  • Joerning se apteek (jare gelede): daar is ‘n dorpie in Swede: Jörn
  • Kruithuis:  Kruthus is ‘n straatnaam in Göteborg Swede.
  • La Colline:  woonbuurt in Stellenbosch: Frans vir: the hill/ die heuwel.
Buurseuns Gideon Roos en Gawie Cillié het vir langer as tagtig jaar bande behou en graag staaltjies uitgeruil oor die vroeë dae van Stellenbosch en hul beroemde ouers, onderskeidelik skoolhoof Paul Roos en universiteitsrektor GG Cillié. Dié foto is omstreeks 1990 geneem.