Edition / Uitgawe Apr 2023

Jannie Malan (1948) skenk na 78 jaar sy fiets aan museum

Die wil  gedoen wees om op een fiets van skooldae af amper 8 dekades lank te pendel. Nou word prof Jannie Malan (1948) se getroue fiets, waarop hy 78 jaar gery het en 55 000 km oor die jare afgelê het, uitgestal in ‘n fietsmuseum in Grabouw.

Jannie, nou 91 jaar, het twee jaar gelede kolonkanker, ‘n massiewe beroerte en koma as gevolg daarvan en Covid-19 deurgemaak en toe nog ’n voorwoord geskryf  vir ‘n nuwe boek. Lees meer in Murray la Vita se onderhoud met hom in Die Burger van 4 Februarie 2022, “Kom ons praat dit uit voordat bloed vloei”:

https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/profiele/kom-ons-praat-dit-uit-voordat-bloed-vloei-20220202

Sy fiets kom al van sy skooldae af, maar 36 jaar gelede het Sharief Jaffer van Rapport  die swart-en-wit foto hierbo geneem. Jannie was toe in die nuus want hy het gereeld van sy huis in Bellville na die UWK-kampus gery waar hy hoogleraar in die Bybelkunde was.

Na sy aftrede was hy verbonde aan die African Centre for the Constructive  Resolution of Disputes (Accord) as senior navorser en het hom “toegespits op godsdiens, konflik en vrede, opvoeding vir geregtigheid en vrede, kultuur- en diversiteit-vriendelikheid, wedersydse begrip en konflikrevolusie-wysheid vanuit Afrika”.

Print Friendly, PDF & Email