Edition / Uitgawe Apr 2023

Kry jou stapskoene reg vir vanjaar se Lenteloop

Só lyk die Swartboskloof-staproete

Die PRG-OSU Lenteloop word beplan vir Saterdag 16 September 2023.

Die plan is om vanjaar die Swartboskloof-roete in die Jonkershoek- natuurreservaat te stap.

Die roete is nie veeleisend nie, maar dit sal darem ‘n bietjie van ‘n uitdaging wees vir diegene wat nie gereeld stap (draf of fietsry) nie. Meer besonderhede sal in  die Junie-nuusblog verskaf word.