Bokkie Gerber (1970) kom ‘n lang pad met rugby! In hierdie lekkerleesartikel wat met die vergunning van Rapport as ‘n PDF aan die Old Boys-nuusblog beskikbaar gestel is, vertel hy hoe dit gebeur het dat hy en sy broers op Planeet Rugby grootgeword het.
Sy pa was George Gerber, dekades terug die skrywer van Die Fanie: Landstem se rugbyrubriek Die Man Wat Weet en ’n wandelende ensiklopedie van die wie, waar en hoe van rugby. Sy vier seuns het hom vergesel wanneer hy legendes gaan besoek, proewe en toetse gaan kyk en Springbokke se troues bywoon.
Later was Bokkie self ‘n rugbyskrywer en mettertyd redakteur van Rapport. In hierdie artikel durf hy die vraag aan of die rugby van destyds beter was as nou. Of die invloed van Amerikaanse “gridiron”-reëls en die beheptheid met statistieke nie die spel waarvoor hy so lief was, doodgesmoor het nie?
Sy slotsom is verrassend en wie anders as dr Danie Craven word aangehaal. Geniet die lees van hierdie artikel.
