Daar gaan nog baie en lank gepraat word oor vanjaar se interskole-byeenkoms teen Grey College. Die Powerpoint-aanbieding by die skool se saalbyeenkoms op 21 Augustus sal ‘n goeie verwysingsbron wees wanneer ‘n mens meer besonderhede nodig het.
Daar is op 14 terreine meegeding: rugby, sokker, hokkie, tennis, gholf, waterpolo, skaak, muurbal, debat, debating, landloop, bergfietsry, e-sport, swem en tafeltennis. Van die altesame 84 kragmetings het PRG 67 gewen, 12 verloor en in 6 gelykop geëindig.
This Arbour Day we were thrilled to celebrate with a generous donation from Old Boys of the 1973 class. On their behalf Old Boy Tielman Roos (1974), chairman of the BHRC committee who in 1995 registered the family-owned Mooiplaas Private Nature Reserve, dedicating approximately 70 hectares to the conservation of endangered fynbos species, donated young Van Wykshout (tree wisteria) trees to the school. The PRG Societas learners are nurturing these trees until they can be planted out later. Together we are not only planting trees, but also investing in a greener future and fostering a legacy of environmental stewardship.
Staande van links: Jon Kotze, Chris le Roux, Amie van der Westhuizen, Jan Joubert, Maxwell van der Gaast, Arthur Wilding, Johannie van Niekerk, Pieter Schoeman, Gerhard Schröder, Rupert Redding-Jones en Kallie Helm; Sittende van links: Doempie Swartz, Malcolm Steer, Reinhard Meyer en Steph du Toit.
Om die 60-jaar-reünie van Old Boys by Paul Roos te kon bywoon, was ‘n besondere mylpaal. Baie lede van die klasgroep was al van standerd 1 (deesdae graad 3) by LPR saam – dus 10 jaar. Van hulle was vir substanderd A en B (huidige graad 1 & 2) in Bloemhof, Rhenish of Denneoord (1953 -1954). Dit was hul enigste ervaring gewees om saam met dogters te kon skoolgaan.
Volgens die eerste klaslys was daar 103 leerders in die matriekgroep van 1964, maar op die matriekfoto is daar slegs 98. Tans is daar 37 op die klaslys. Slegs 15 kon dit bywoon. Twee kon dit nie bywoon nie as gevolg van mediese redes en twee as gevolg van ander afsprake.
Hulle het betaal, maar omstandighede het dus verhoed dat hulle kon bywoon. Die betaalde bywoning was 51,4% Dit is uitstekend, want ‘n reünie word as ‘n sukses beskou as die bywoning 40% is.
Die reünie is op 18 April 2024 gehou in die Markötter-Suite, waar Helene van Wyk weer eens die geleentheid met haar verruklike spyseniering ‘n feesmaal gemaak het. Daar was genoeg wyn en ‘n oop kroeg, wat alles uit skenkings gedek kon word.
Die aand was so ‘n sukses dat daar besluit is om meer gereeld as elke vyf jaar bymekaar te kom. Die gevoel is dat gereelde informele funksies gereël moet word eerder as vyfjaarreünies.
“MAG DIE WêRELD ‘N BETER PLEK WEES AS GEVOLG VAN DIE FEIT DAT JY GELEEF HET”
Oktober 1964 – Op agterblad van ons afskeidsboekie.
Die matrieks van 1974 het ‘n lang pad gekom sedert vyftig jaar gelede. Geen wonder nie dat hulle toe besluit om dié merkwaardige geleentheid oor vier dae uit te rek, van 17 tot 20 April!
Op die Woensdagaand het die manne afgeskop met ‘n steakbraai en heerlike bykosse soos net die nimlike Helene van Wyk kan reël. By Markötter is daar tot laatnag oor die ou dae gesels.
Donderdagoggend vroeg het ‘n klompie dapper stappers vergesel van hul vroue en vriendinne op Mooiplaas in die Bottelary-heuwels gaan stap waar Tielman Roos hul vertel het van sy renosterveld-bewarea. Agterna het Tielman en wynmakerlegende Gary Baumgarten van die spesiale Mooiplaas-wyne laat proe. Die dag is afgesluit met ‘n potjiekos-kuier rondom lang tafels.
Die volgende dag is van die manne terug skool toe, ‘n saalbyeenkoms bygewoon en ook die skoolterrein gaan bekyk en teruggedink aan hul dae en wat alles intussen verander het.
Ons klas was en is bevoorreg om familie-wynmakers in die distrik te hê. Laatoggend is ‘n besondere wynproe op Simonsig deur Johan Malan, jonger broer van Francois, aangebied. ‘n Uitgerekte ligte middagete het daarna gevolg. Weer eens was gades welkom.
Vrydagaand het die manne by die Stellenbosch-gholfklub tot laat gesellig gekuier, oor ‘n uitstekende tweegangete en topwyne daarby.
Saterdag was ons bevoorreg om te sien hoe Paul Roos Boishaai op Markötter afransel. Wat ‘n bulspan het Paul Roos nie vanjaar gehad nie!
Sedert ons 20jaar-reünie is dit nou al tradisie om elke reünie af te sluit met ‘n dinee op Simonsig, gades soos altyd by en dit was weer die hoogtepunt van die reünieweek. Na ‘n driegangete het ‘n veiling van topwyne van ons klas se wynmakers in ‘n wynsak met die 50jaar-embleem sowat R35 535 opgelewer, oorgenoeg vir ekstra uitgawes aangegaan in die week en die res van die bedrag is geskenk aan die OSU.
Dit was ‘n belewenis om hierdie besondere reünie te kon bywoon en met ou kamerade en les bes, oud-onderwysers soos George Doc, Dawid Taylor en Neil du Toit, herinneringe op te diep en, nou sien almal reeds uit na ons volgende reünie.
Hugo Truter, namens die reëlingskomitee
Die verhaal van ‘n suksesvolle 50jaar-reünie in beeld: begin met ‘n steakbraai op Markötter, verken die renosterveld op Mooiplaas, proe wyn op Simonsig, kyk wenrugby en eet, drink en gesels wanneer jy kan.
Die amptelike spanfoto van die Klas van 1979 is by Somerbosch op die Vrydagaand geneem. Agter staan van links Andre Brink, Marius Bredell, Adriaan Niemand, Johan Kroes, Piet de Bruin, Wilbert Basson, Ianne Venter, Johan Stander, Matie Marren, Johan van Deventer, Basil Liebenberg, Saul du Toit, Max Schwieger, Danie Theron, Anton Schonees, Hein Garbers en Jannie Hanekom; in die middel van links kniel Francois Loedolf (kniel), met Meaty de Frankie, Bertud Hugo, Poena van Niekerk, Quinten Smit, Anton Loubser, Johan Roos en Minnaar Carinus langs hom; voor van links is Nico Redelinghuys, Rudi Krige, Hannes Erasmus, Theron Niemand, Jacques Louw, Vincent du Toit en Eberhard van Niekerk.
Op die volgende foto is die eerstespanvoorry van 1979: Theron Niemand, Minnaar Carinus (reserwehaker vir Renaldo Cronje RIP) en Poena van Niekerk.
The Senior Old Boys Lunch will take place at 12:00 on Friday 8 November 2024 in the Markötter Long Room. Please send enquiries to oldboys@paulroos.co.za.
Die Senior Oud-Skoliere Middagete vind op Vrydag 8 November 2024 om 12:00 in die Markötter Long Room plaas. Stuur asseblief navrae aan oldboys@paulroos.co.za.
Raar maar waar. Bittermin, net drie Old Boys sover ons weet, het internasionale rugby op topvlak vir ander lande gespeel (uitgesluit junior spanne soos op 0.20-vlak).
Meeste van ons is bewus van Braam Steyn (2010) wat tot nou al in 16 toetse vir Italië gespeel het, en van Josh Strauss (2004) wat 11 keer vir Skotland uitgedraf het.
Maar die heel eerste Old Boy wat vir ‘n ander land gespeel het, was JA (Jannie Krige), ‘n jonger broer van die beroemde Japie Springbok, wat vir groot kontroversie gesorg het toe hy vroeg in 1920 Engeland verteenwoordig het in ‘n toets teen Wallis.
Jannie, wat voor sy vertrek vir tandartstudie in Londen aan die Stellenbosch Boys High School en Victoria-kollege sy opleiding ontvang het, het gou die oog gevang toe hy sy rugbytalent by Guy’s Hospital uitleef.
Die Engelse pers was erg gekant teen die keuse van ‘n Suid-Afrikaner, en geen verdere Suid-Afrikaners is in die volgende paar jaar vir Engeland gekies nie, hoewel Frank Mellish (wat saam met Krige in die wedstryd teen Wallis gespeel het) nog vyf toetse vir Engeland gespeel het. Sy Engelse van het dalk ‘n rol gespeel.
Volgens ‘n bron is dit is moeilik om te sê of die besluit van die Engelse keurders om nie Suid-Afrikaners te kies nie, Krige verdere Engelse wedstryde gekos het, maar dit is beslis die moeite werd om daaroor te spekuleer.
Nog ‘n broer van Japie Krige, Pieter, gebore in 1895 en ook ‘n Old Boy, het vir die Britse Barbarians gespeel toe hy net soos Jannie vir tandarts in Londen gestudeer het. Met sy terugkeer later het hy gereeld vir die WP uitgedraf.
Meeste van die agt pastorieseuns van ds Koos Krige, wat van 1880 tot 1910 op Caledon predikant was, het op die rugbyveld uitgeblink. Buiten vir Japie Springbok, het Willie (*1881) die Springbokspan vir die oorsese toer in 1910 as vleuel gehaal. Hy speel nie in enige toets nie.
Van Hendrik (*1884), die derde seun, word gesê hy blink uit as voetbalspeler.
Tinie (*1893) het as onderwyser aan Grey High geweldig baie gedoen om rugby as skoolsport in die Oos-Kaap te bevorder, veral onder die Knysna-boswerkers wat na Port Elizabeth verskuif is. Hy tree af as adjunkhoof van Grey High en was bekend daarvoor dat hy nie net oudleerlinge se name kon onthou nie, maar ook in watter posisie hul rugby gespeel het. Hy was die enigste van die rugbyspelende seuns wat nie op Stellenbosch skool gegaan het, maar op Caledon. Hy speel wel vir Maties, WP, Natal en OP senter.
Andries Olivier, beter bekend as Olla vir sy 1963-matriekmaats asook sy wye vriendekring veral in die wynbedryf, is op 27 Julie 2024 oorlede.
Olla se spoor sal lank sigbaar bly en in herinnering geroep word. Hy was ‘n lewenslange passievolle ondersteuner van Paul Roos Gimnasium, sy ou alma mater en menige oud- en jong Paul Rooser sal sy rysige figuur wat al effens geboë was, langs die Markötter-rugbyveld onthou.
In die SA wynbedryf is daar baie wynmakers van naam wat Olla as ‘n mentor en rolmodel sal onthou. Hy het nie verniet as gerekende wynkenner en grootmaat-wynhandelaar in 2022 die Veritas Vereniging se Lewende LegendeOorkonde ontvang vir sy jarelange bydrae aan die SA wynbedryf nie.
En miskien beskryf die woord legende, Olla ten beste. Iewers is geskryf:
“A legend is someone who leaves behind an unforgettable impression on others. They touch lives, they’re remembered, they’re cherished. There are all sorts of legends in this world – famous or not. Becoming one means finding your particular role, your calling, following it, and touching others around you.”
Op 80- jarige ouderdom het Olla dit steeds gedoen.
Olla was ‘n goeie vaandeldraer van ons alma mater se leuse: Semper Splendidior, en sy storie sal onthou word deur sy 1963-klasmaats.
Uitnodiging na die onlangse gedenkdiens vir wyle Coenraad Calitz (1932-2024).
Coenraad Calitz, wat 6 September 2024 in die ouderdom van 92 oorlede is, was nie self ‘n Old Boy van Paul Roos Gimnasium nie, maar het sewe seuns en twee kleinseuns gehad wat wel is.
Die seuns is Andries (1976), Steun (1977), Tertius (1980), Hanno (1982), Werner(1986), Nico (2009) en James (2011). Die kleinseuns is Carel (2008) en Luca (2020).
Die sewe seuns verskyn hier in ‘n koerantknipsel van circa 2010.
Boonop was sy tweede vrou, Anita, jare lank departementshoof van fisiese wetenskap aan die skool en later ook in beheer van die laboratoriums.
Oom Coenie, wat ‘n lang loopbaan as dosent aan die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universteit van Stellenbosch gehad het, het die skool oor die instandhouding van geboue geadviseer.
By ‘n massa-reünie in 2016 om die skool se 150ste bestaansjaar te vier, is Coenraad Calitz deur die Old Boys met ‘n spesiale feesdas vereer.
By dié geleentheid het hy volgens ‘n berig op Netwerk24 gesê hy is nederig en dankbaar dat hy met al sy seuns en kleinseuns om een tafel te sit. Paul Roos Gimnasium het hom gehelp om vir sy seuns en kleinseuns waardes te leer. “Dit is ‘n skool uit een stuk!”
Daardie laaste honderd treë van die verhoog na die deur van die saal onder die ritmiese applous wat net by ‘n seunskool gehoor sal word, moes seker vir PRG se uittredende adjunk-rektor Frans van Niekerk ‘n bittersoet moment in sy lewe gewees het. Hoe hy regop gebly het en of hy deur emosie oorweldig is, is vrae wat net hy kan antwoord.
But one thing is for certain, as pointed out in Nils Flaaten, OBU chairman’s video message, Frans made huge imprints on the schools’s academic and sport record in the more than 35 years that he served here as teacher, also on Nils’ and other Old Boys’ lives. “Jy het ‘n legende geword!”
With our mass reunion and several class reunions just around the corner, an exciting new quarter awaits us. Hope to see as many of you there as possible.
Welcome also to the new life and year members who recently joined us. The more of us there are, the stronger our alma mater becomes and the team spirit that is so essential to success.
Adjunk-rektor Frans van Niekerk het met ‘n inspirerende boodskap by sy laaste saalbyeenkoms die tuig by Paul Roos Gimnasium neergelê. Ons plaas dit onveranderd:
Niël du Toit (PRG-onderwyser van 1968 – 1973) het einde Januarie vir Frans van Niekerk kom groet en erkenning gegee vir die toewyding waarmee sy loopbaan gekenmerk was. Du Toit het op Kuruman vir Van Niekerk skool gehou.
Vandag, Woensdag 31 Januarie is amptelik die laaste dag van my 42 jaar onderwysloopbaan waarvan ek 35 jaar en 8 maande by Paul Roos betrokke was. Nou pak ek amptelik my nuwe beroep as pensioenaris aan.
Blykbaar is dit die gevaarlikste beroep in die wêreld. Niemand het dit nog ooit oorleef nie!
More than R1,3 million was spent in 2023 by the PRG Foundation, mostly to provide scholarships, bursaries, awards and loans for study, research and teaching.
Money was also allocated to develop and promote sports (in particular rugby) and recreation, mainly for the benefit of previously disadvantaged children, and to provide related facilities.