Old Boys en hul spruite

Dit is lekker om te sien hoe ‘n tradisie voortgesit word. Op hierdie foto is daar nie minder nie as 23 Old Boys wat hul graad 8’s vir hul eerste dag op Paul Roos Gimnasium skool toe gebring het. Die foto is van Facebook af gelig en ons het ongelukkig nie almal se name nie. Dit sal hoog op prys gestel word as iemand ons daarmee kan help. Skakel vir Hugo Truter by 0832676750.

Trotse Old Boys by hul graad 12 seuns

Loer gou watter Old Boys het vanjaar seuns in matriek gehad:

Van links: Erhardt (1986) en Karl Peter Thiel; Jaco (1986) en Samuel Durand; Ryk (1986) en Liam Rossouw ; Pieter-Jan (1986) en Hannes Bestbier; Hein (1986) en Fourie en Joubert Swart; Oupa Ryk Joubert (1966) en sy kleinseun Rijk Joubert; Kosie de Villiers (1972) en Adrian Crous; Johan (1986) en Matthew Cilliers; Christiaan (1988) en Christiaan van Lamp; Wade (1988) en Kent Grimbeek; Roelou (1987) en Daniel Slabbert; Erhard (1991) en Eli Roux en Gary (1988) en Darren Zurnamer.

PRG also represented in Baseball World Cup

Grade 12 learner Mila Burger was selected for the U18 South African Baseball Team that participated in the Baseball World Cup Tournament in South Korea during August this year. Only twelve countries took part in the tournament, one country per continent and the rest according to merit. Mila’s achievement to be one of the twenty players in the squad made his grandfather Edward (Junior) Smuts (Old Boy of 1964) very proud and he shared this photo with us. Continue reading PRG also represented in Baseball World Cup

PRG baas in Sanix-toernooi met grootste punteverskil ooit in eindstryd

Willem Grönum, graad 8

 Die eerste rugbyspan van Paul Roos Gimnasium is op 5 Mei vanjaar by die Sanix-Wêreldjeugrugbytoernooi in Japan as die kampioen-skolespan bekroon nadat hulle in die eindstryd die gedugte span van St Peter’s College van Auckland (Nieu-Seeland) met 52-5 oorrompel het. Continue reading PRG baas in Sanix-toernooi met grootste punteverskil ooit in eindstryd

PRG hosting the World Schools Festival

Die World Schools Festival word van 26 – 30 Maart op Markötter gehou en ons nooi alle Old Boys uit om dié spogtoernooi waarmee die beste talent in internasionale skolerugby ten toon gestel word, te ondersteun. Tien topskole van Suid-Afrika ding teen tien skole van regoor die wêreld mee. Besprekings kan gedoen word by Computicket. Op die laaste dag word daar ook vir Old Boys kans gegee om te wys dat hul vernuf nog nie verroes het nie. Continue reading PRG hosting the World Schools Festival

Z-Dag 2018

Op Z-dag vanjaar was daar weer eens ’n hele paar Old Boy-pa’s en hul matriekseuns.

Hier staan van links Wouter de Kock en Martin de Kock, Theunis Smal en Brynard Smal, Solly Solms en Johnnie Solms, Pieter de Waal en Dirk de Waal, Johann Mostert en Juan Mostert, Quinten Smit en Ethan Smit, Sakkie Visser en Johan Visser, Carinus Lemmer en Luc Lemmer, Arend de Waal en Adriaan de Waal, Bernard Fick en Andre Fick en George Velasario en Alex Velasario.

Leerlingraad lê krans by Paul Roos se graf

Paul Roos se verjaarsdag is op 30 Oktober. Jaarliks, so na as moontlik aan hierdie datum, word ’n krans deur lede van die die leerlingraad by sy graf gelê. Op die foto staan me Marietjie Roos, rektor André van Staden, Thomas Winter, Christopher Changfoot, Malan Truter, Gerhard Cloete (onderhoofseun), Kade Wolhuter, Chris Albertyn (hoofseun), Mfundo Mashiya, Jan-Hendrik la Cock, Tristan Moses, Christiaan de Kock, Paul Ellis, Alex Schliemann, Victor Mandishaya, Neels Rossouw en Francois du Toit.

Foto: Renette Stofberg