Honouring those who uphold excellence

Paul Roos Gimnasium se tradisie van uitnemendheid word gebou op die toewyding van sy gemeenskap. Met dié uitgawe belig ons die bydrae van die PRG 150 Trustfonds, die PRG Stigting en Klub 1000, wat deur hul ondersteuning verseker dat die skool se ryk nalatenskap steeds groei en ontwikkel.

This commitment to quality education is further strengthened by individuals who lead by example. Nils Flaatten, chairman of the Old Boys community, has played a pivotal role in uniting and inspiring alumni. Former and current students such as rugby players Steven Kitshoff and Tiaan Basson continue to uphold the values instilled at PRG through their contributions in sport and leadership.

Ons onthou ook met respek die ontslape dr. Frikkie Lombard en Pieter-Jan Bestbier, wie se bydraes tot Afrikaans en gemeenskapsontwikkeling ‘n diep en blywende impak gelaat het. Hul nalatenskap word steeds gevoel in die werk van Paul Roos Old Boys en die gemeenskap wat hulle so passievol ondersteun het.

Despite today’s challenges, Semper, the official learners magazine, highlights how Paul Roos continues to maintain its high standards of education. It is a testament to the resilience and dedication of staff, students, and supporters who strive to uphold excellence in every aspect of school life.

Sluit aan, word deel van die geskiedenis en bou saam aan die toekoms van Paul Roos Gimnasium. Ons bly gefokus op ons visie, ons tradisie en ons waardes—Semper Splendidior!

Let us know how you have enjoyed this edition.

Voorsittersverslag / Chairman’s report

Daar is waarskynlik geen beter toonvenster vir die gehalte van ‘n skool as sy Oudskoliere-Unie nie. My bors swel gereeld van trots wanneer ek verneem hoe ons Old Boys merkwaardige prestasies behaal—hetsy in die sakewêreld, akademiese omgewings of op die sportveld—en hoe hulle hul voetspore wyd en diep laat oor nywerhede en kontinente heen. Dit is ‘n eer om deel te wees van hierdie ryk nalatenskap, om suksesse te vier en diegene te onthou wat hierdie erfenis help vorm het. 

Sake – en Professionele Prestasies

Old Boys blink uit in korporatiewe raadsale en die finansiële wêreld en hou aan om hoogstaande vlakke van bevoegdheid en ambisie ten toon te stel. Justin Truter (2017) het byvoorbeeld onlangs sy staal getoon deur ‘n belastingkonsultant te word wat in oordragpryse spesialiseer. Leo Jay (2018) het ‘n gesogte aanstelling gekry as finansiële analis by Side Up in die VSA. Jacques Marais (2006) het hom by Steyn Kapitaalbestuur as senior kleinhandelbeleggingspesialis aangesluit, en Meyer Scholtz (2010) gee nou die toon aan as distribusiebestuurspesialis by BrightRockZA. 

Daar is ‘n sterk teenwoordigheid in die finansiële sektor met Jacques Groenewald (2011), wat ‘n konsultasie- en projekbestuursrol by Route to Market vertolk, en Quinton Brandon (2015), wat ‘n nuwe hoofstuk in sy loopbaan as besigheidsanalis by Pragma Global begin het. In die Verenigde Koninkryk (VK) is Schoeman Botha (2013) tot senior finansiële sakevennoot by Forvis Mazars bevorder. Pieter Fourie (1989) het ‘n FE Alpha Manager Rating vir 2025 ontvang wat hom onder die top 10% van fondsbestuurders in die VK plaas – ‘n uitsonderlike prestasie! 

In talle ander bedrywe maak Old Boys hul merk: Willem van Zyl (2013) is as finansiële bestuurder van Paardekop Vrugte aangestel; Tristan Fortune (2018) is nou ‘n senior assosiaat by PwC South Africa; en Dexter King (2010) is nou by TotalEnergies die Kommersiële Hoof van Suider-Afrikaanse Gas, Hernubare Energie en Krag. 

Gelukwense kom ook Ivan van der Merwe en Jacques Wolmarans (2014) toe, wat albei die SAICA Assessering van Professionele Bevoegdheid geslaag het en nou as geoktrooieerde rekenmeesters in Suid-Afrika kan registreer. 

Internasionale Sake-aanstellings 

Henry Fisk (1989) het ‘n bestuursrol by WA Farmers in Australië aanvaar. Dillon Ribeiro (2017) het hom by Investec se span vir energie- en infrastruktuurfinansiering in New York aangesluit. In die VK is Martin Kotze (2018) as Finansiële Bestuurder van die Finovate Group aangestel. 

Akademiese Uitmuntendheid

Die akademiese wêreld word steeds verryk deur alumni van PRG. Wynand Neethling (2019) het ‘n meestersgraad in masjienleer en kunsmatige intelligensie by Stellenbosch-universiteit behaal. In geneeskunde het Philip Hoffman en Kai Moors (2018) albei die graad MBChB met lof aan SU behaal, terwyl Kai boonop die beste finalejaarstudent was met ‘n indrukwekkende gemiddelde van 84%. 

Sportprestasies 

Op die sportfront is PRG se bydrae tot uitnemendheid voortgesit. Mark Lester (1995) het die ASA Vlak 1 Afrigtingskwalifikasie van Atletiek Suid-Afrika verwerf, en Andrew Rogers (1985) is nou hoofbestuurder van Bryanston Gholfklub. 

Rugby bly ‘n gesogte vesting vir ons Old Boys. Oliver Reid (2024), Riley Norton (2024) en Zeke January (2023) is vir die Junior Springbok-toer na Georgië gekies, terwyl Zeke January (2023) ook vir hom ‘n plek in die SA Rugby O19 Akademiespan verseker het. 

Hokkie is ook ‘n pilaar van uitnemendheid. Hans Neethling (2020) het in die span gespeel wat brons by die Binnenshuise Hokkie-Wêreldbeker behaal het, terwyl Reuben Sendzul (tans in Matriek), Andrew Hobson (2016), Niel Raath (2019) en Hans Neethling (2020) almal vir die SA Manshokkiegroep gekies is. 

Ons Olimpiaan Jamie Riddle (2018), wat goed gevaar het in die laaste Olimpiese Spele, deel nou sy inspirerende reis van dromer tot sportheld as motiveringspreker. 

Prestasies & Merkwaardige Besoekers

Professor Markus Reuter (1976) het Stellenbosch Universiteit vir die eerste keer besoek om sy naam op die Alumni Ere-doktorate-lys te sien. Emile Joubert (1980) het top eerbewyse verwerf as die algehele wenner van die 2024 Woordfees Kortverhaalkompetisie, terwyl Bernard Fick (1988) by die SU Raad aangesluit het as ‘n verteenwoordiger van die donateurs.

In die kulinêre wêreld het sjef Kobus van der Merwe (1998) van Wolfgat—Paternoster se bekroonde eetplek, wat in 2019 as die Beste Restaurant ter Wêreld aangewys is—die eer gehad om roosterkoek en soutslaai aan William, Prins van Wallis, voor te sit.

Tydens ons Senior Old Boys-middagete het ons gelag, herinneringe gedeel en opregte refleksies gehad oor die skool wat ons gevorm het. Terwyl ons vorentoe kyk, neem ons met trots besit van die Paul Roos Gymnasium-erfenis, vier die impak wat ons Old Boys steeds oor alle sfere maak, en bevestig ons ons toewyding tot hul voortdurende sukses.

In Memoriam 

Met groot hartseer bring ons hulde aan Old Boys wat oorlede is: 

  • Johann Nico Gerber (1953) 
  • Gideon “Deon” van Dyk (1958) 
  • Genl-maj Augustinus Koch “Tinus” De Jager (1960) 
  • Josua Pieter “Sarge” van Zyl (1963) 
  • Eben Kruger (1965) 
  • Johannes Wynand “John” Daneel (1966)
  • Paul Christiaan Louw (1968)
  • Danie Louis Steytler (1970) 
  • Petrus Jacobus “Pietie” Carinus (1974)
  • Dr Cornelius Jacobus “Boetie” Thiart (1976) 
  • Egbert Steyn “Eggie” Nieuwoudt (1978) 
  • Willem Jacobus “Willie” Engelbrecht (1980) 
  • Layne George Wilkens (2008) 
  • Daniël Fourie (2022) 

Spesiale Huldeblyk

Op ‘n persoonlike noot wil ek spesiaal na twee Old Boys verwys: 

Steven Kitshoff (2010), ‘n onverskrokke vegter van die moderne rugbyspel, wie se loopbaan deur ‘n nekbesering kortgeknip is, maar wie se invloed op die spel onmiskenbaar bly. 

Pieter-Jan Bestbier (1986), ‘n ware pilaar van die Paul Roos Oudskoliere-Unie, wie se toewyding oor dekades ‘n blywende impak gemaak het.  Hoewel baie bydra tot die sukses van Paul Roos Gimnasium en die Old Boys Unie, was min so konsekwent en toegewy soos Pieter-Jan, wat vir meer as 20 jaar in verskeie hoedanighede gedien het, insluitend as voorsitter van die OBU en herhaaldelik as tesourier. Met sy onuitputlike sorg en betrokkenheid het hy ‘n standaard van diens en toewyding gestel wat diep gerespekteer is. Sy teenwoordigheid, sy lojaliteit en sy onwrikbare vriendskap sal met groot verlange onthou word en bly voortleef in die nalatenskap wat hy met soveel passie opgebou het.

Paul Roos Gimnasium bly ‘n bakermat van uitnemendheid, en ons Old Boys laat steeds ‘n betekenisvolle impak op elke terrein. 

Vriendelike groete,

NILS FLAATTEN (1987)

VOPORSITTER: OUDSKOLIERE-UNIE 

————————————————————

Chairman’s report

There is probably no better showcase for the quality of a school than its alumni union. My chest often swells with pride when I learn how our Old Boys achieve remarkable achievements—whether in business, academic settings, or on the sports field—and how they leave their footprints wide and deep across industries and continents. It is an honor to be a part of this rich legacy, to celebrate successes and remember those who helped shape this legacy. 

Business and Professional Achievements

Old Boys excels in corporate boardrooms and the financial world and continues to showcase high-quality levels of competence and ambition. For example, Justin Truter (2017) recently showed his steel by becoming a tax consultant specializing in transfer pricing. Leo Jay (2018) got a prestigious appointment as a financial analyst at Side Up in the US. Jacques Marais (2006) joined Steyn Capital Management as senior retail investment specialist, and Meyer Scholtz (2010) now sets the tone as distribution management specialist at BrightRockZA. 

There is a strong presence in the financial sector with Jacques Groenewald (2011), who plays a consulting and project management role at Route to Market, and Quinton Brandon (2015), who has started a new chapter in his career as a business analyst at Pragma Global. In the United Kingdom (UK), Schoeman Botha (2013) was promoted to senior financial business partner at Forvis Mazars. Pieter Fourie (1989) received  an FE Alpha Manager Rating for 2025 which places him among the top 10% of fund managers in the UK – an exceptional achievement! 

Old Boys make their mark in many other industries: Willem van Zyl (2013) has been appointed financial manager of Paardekop Fruit; Tristan Fortune (2018) is now a senior associate at PwC South Africa; and Dexter King (2010) is now the commercial lead of Southern African Gas, Renewable Energy and Power at TotalEnergies. 

Congratulations also go  to Ivan van der Merwe and Jacques Wolmarans (2014), who both passed the SAICA Assessment of Professional Competence and can now register as chartered accountants in South Africa. 

International Business Appointments 

Henry Fisk (1989) took  on a management role at WA Farmers in Australia. Dillon Ribeiro (2017) joined Investec’s Energy and Infrastructure Finance team in New York City. In the UK, Martin Kotze (2018) was  appointed as financial manager of the Finovate Group. 

Academic Excellence

The academic world continues to be enriched by alumni of PRG. Wynand Neethling (2019) obtained a master’s degree in machine learning and artificial intelligence from Stellenbosch University. In medicine, Philip Hoffman and Kai Moors (2018) both obtained the degree MBChB with distinction at SU, while Kai was also the best final-year student with an impressive average of 84%. 

Sports Achievements 

On the sports front, PRG’s contribution to excellence continued. Mark Lester (1995) obtained the ASA Level 1 Coaching Qualification from Athletics South Africa, and Andrew Rogers (1985) is now general manager of Bryanston Golf Club. 

Rugby remains a sought-after stronghold for our Old Boys. Oliver Reid (2024), Riley Norton (2024) and Zeke January (2023) have been selected for the Junior Springbok tour of Georgia, while Zeke January (2023) has also secured him a place in the SA Rugby U19 Academy team. 

Hockey is also a pillar of excellence. Hans Neethling (2020) played in the team that won bronze at the Indoor Hockey World Cup, while Reuben Sendzul (currently in Matrics), Andrew Hobson (2016), Niel Raath (2019) and Hans Neethling (2020) were all selected for the SA Men’s Hockey group. 

Our Olympian Jamie Riddle (2018), who did well in the last Olympics, now shares his inspiring journey from dreamer to sports hero as a motivational speaker. 

Achievements & Notable Visitors

Professor Markus Reuter (1976) visited Stellenbosch University for the first time to see his name displayed on the Alumni Honorary Doctorates list. Emile Joubert (1980) took top honors as the overall winner of the 2024 Woordfees Short Story Competition, while Bernard Fick (1988) joined the SU Council as a donor representative.

In the culinary world, Chef Kobus van der Merwe (1998) of Wolfgat—Paternoster’s acclaimed eatery, crowned Best Restaurant in the World in 2019—had the honour of serving roosterkoek and soutslaai to William, Prince of Wales.

At our Senior Old Boys Lunch, we shared laughter, memories, and heartfelt reflections on the school that shaped us. Looking ahead, we take immense pride in the Paul Roos Gymnasium legacy, celebrating the impact our Old Boys continue to make across all spheres and reaffirming our commitment to their ongoing success.

In Memoriam 

It is with great sadness that we pay tribute to Old Boys who have passed away: 

  • Johann Nico Gerber (1953) 
  • Gideon “Deon” van (1958) 
  • Maj. Gen. Augustinus Koch “Tinus” De Jager (1960) 
  • Joshua Pieter “Sarge” van Zyl (1963) 
  • Eben Kruger (1965) 
  • John Wynand “John” Daneel (1966)
  • Paul Christiaan Louw (1968)
  • Danie Louis Steytler (1970) 
  • Petrus Jacobus “Pietie” Carinus (1974)
  • Dr Cornelius Jacobus “Boetie” Thiart (1976) 
  • Egbert Steyn “Eggie” Nieuwoudt (1978) 
  • Willem Jacobus “Willie” Engelbrecht (1980) 
  • Layne George Wilkens (2008) 
  • Daniël Fourie (2022) 

Special Tribute

On a personal note, I would like to make a special reference to two Old Boys: 

Steven Kitshoff (2010), an intrepid warrior of the modern rugby game, whose career was cut short by a neck injury, but whose influence on the game remains undeniable. 

Pieter-Jan Bestbier (1986), a true pillar of the Paul Roos Alumni Union, whose dedication has made a lasting impact over decades. 

Paul Roos Gymnasium remains a cradle of excellence, and our Old Boys continue to leave a meaningful impact on every site. 

Best regards

NILS FLAATTEN (1987)

CHAIRMAN: OLD BOYS’ UNION 

‘n Puik oorsig oor die werk van die Paul Roos 150 Trust


Recently, a brochure was compiled to provide an overview of the Paul Roos 150 Trust, which is dedicated to preserving the school’s tradition of academic excellence for future generations. This is achieved through the consolidation of funds and the strategic financing of key infrastructure projects. The Board of Trustees oversees the fund with strict governance principles, including an annual audit. As a non-profit organization, the Trust is authorized to issue Section 18A tax certificates, offering donors valuable tax benefits.

In pursuit of its primary objectives—namely, the appointment and retention of top-tier educators, the provision of housing opportunities for teachers, particularly in light of Stellenbosch’s high property costs, and the continuous enhancement of academic infrastructure—the Paul Roos 150 Trust has funded an impressive portfolio of projects over the years. Click here for full details.

‘n Brosjure het onlangs verskyn om Old Boys en ander goedgunstiges ‘n oorsig te gee van die rol van die Paul Roos 150 Trust om die tradisie van akademiese uitnemendheid by Paul Roos Gimnasium vir toekomstige geslagte te verseker.

Die trust het voortgevloei uit die viering van die skool se 150-jarige bestaan in 2016, toe daar tot die besef gekom is dat die fondse wat daar toe bestaan het, gekonsolideer en geherstruktureer moet word een hoof-skenkingsfonds te vorm.

‘n Raad van Trustees bestuur die fonds volgens streng standaarde en beginsels,wat  ‘n jaarlikse oudit insluit. As ‘n niewinsgewende organisasie, is die Trust bevoeg om vir alle skenkings, hetsy persoonlik, korporatief of testamentêr,  ’n artikel18A-belastingsertifikaat uit te reik en kan dit van die skenker se belasbare inkomste afgetrek word. Deskundige advies is ook beskikbaar vir ingewikkelde bydraes soos trusts of in specie skenkings of verdelings.

Ondersteuning vir hierdie waardevolle inisiatief help om ‘n toekoms van akademiese uitnemendheid in Suid-Afrika te verseker. Die skool was vanaf sy ontstaan in 1866 ‘n baken van akademiese en institusionele uitnemendheid in Suid-Afrika en  het ‘n merkwaardige impak op die land. Sy oud-leerlinge is leiers in verskeie sektore, en die skool is nie net ‘n trots van Stellenbosch nie, maar van Suid-Afrika as geheel.

Akademiese uitnemendheid word verseker met die aanstelling en behoud van hoëgehalte-onderwysers, die skep van behuisingsgeleenthede vir onderwysers, veral gegewe die hoë koste van behuising in Stellenbosch, en die instandhouding en verbetering van akademiese infrastruktuur, wat aldrie as die primêre doelwitte van die Paul Roos 150 Trust beskou word.

Die Trust het al ‘n beduidende bydrae tot infrastruktuurprojekte by die skool gelewer deur onder meer finansiering te bied vir:

  • die installering van sentrale lugversorgingstelsels in klaskamers en administratiewe kantore;
  • die opgradering van die skool se noodsaaklike kragopwekker vir kragvoorsiening in klaskamers, koshuise en ander PRG-fasiliteite;
  • die bou van ’n behuisingskompleks vir onderwyspersoneel, die rektor se huisvesting en die aankoop van twee residensiële eiendomme in Die Boord waarin tot vier onderwysers met hul families kan woon;
  • die vestiging van die Arnold van Wyk Musieksentrum;
  • die vestiging van ‘n handelsmerkwinkel vir die skool;
  • die opgadering en toerusting van alle wetenskapklaskamers en -laboratoriums in 2023;
  • die versnelde verskaffing van aanlynleergeriewe om by te hou met die vinnige tempo van tegnologiese ontwikkeling;
  • die opgradering van die skool se e-leergeriewe;
  • die aankoop van instrumente om gratis formele trompet- en tromboonlesse aan talentvolle kinders in omliggende laerskole te bied;
  • die vestiging van die Roosinbosch Kafeteria;
  • die vergroting van twee klaskamers in die LPR-gebou en die toerusting daarvan met die nuutste tegnologie; en
  • die indiensneming van ‘n berading-sielkundige om deur middel van groep- en individuele sessies leerders te help met onder meer studie-en eksamentegnieke, tydsbestuur, motivering en angstigheid, asook vir personeellede en ouers met ’n reeks tersaaklike kwessies.

Om akademiese uitnemendheid te handhaaf en die skool se reputasie as een van die mees gesogte seunskole in Suid-Afrika te behou, is daar ondersteuning en samewerking nodig van elkeen wat in die visie deel om standaarde te handhaaf en uit te bou.

Klik gerus hier om toegang tot die volledige dokument te kry.

Empowering Tomorrow’s Leaders: The PRG Foundation’s Impact in 2024

Die PRG-stigting se 2024-verslag beklemtoon sy toewyding tot die bemagtiging van talentvolle jongmense, veral uit minderbevoorregte agtergronde, deur sport, akademie en leierskapsontwikkeling by Paul Roos Gimnasium (PRG). Altesame R1,7 miljoen is gebruik vir gemeenskapsontwikkelingsprojekte. Beursontvangers het uitgeblink in leierskap, sport en akademie.  Holistiese ontwikkeling word bevorder deur middel van die stigting se Skole-evaluasiepaneel, noue samewerking met ouers en PRG-personeel, en strategiese vennootskappe soos met die Forward Foundation.

Befondsingsinisiatiewe, insluitend die jaarlikse Stigting-ete en die PRG Talent Funder, verskaf volhoubare ondersteuning, terwyl sy nie-winsgewende status bydraers in staat stel om voordeel uit BBBEE-punte en CSI-krediete te trek. As deel van ‘n breër ondersteuningsnetwerk, bly die PRG-stigting daarop gefokus om toekomstige leiers te kweek en verwelkom dit bydraes om sy missie volhoubaar te ondersteun. Klik hier om die volledige verslag te sien.

The recently released PRG Foundation’s 2024 Report showcases its commitment to developing talented youth, especially those from disadvantaged backgrounds, through sport, academics, and leadership initiatives at Paul Roos Gymnasium (PRG).

With R1.7 million allocated in 2024, the Foundation funded professional coaching, hostel accommodation, scholarships, and community development projects, ensuring bursary recipients thrived in various disciplines. Notable achievements include:

– Leadership: All four Grade 11 bursary holders secured positions on the 2025 PRG Student Council.

– Sports: Bursary holders excelled in rugby and golf, contributing to top national rankings and earning selections for elite teams, including the SA Schools u19 rugby squad.

– Academics: All matric bursary holders passed their Senior Certificate exams, paving the way for higher education and professional growth.

The Foundation employs a Scholar Evaluation Dashboard to track academic, sporting, and personal progress, fostering holistic development. Parent engagement and collaboration with PRG staff further strengthen student support.

Funding initiatives such as the annual Foundation Dinner and the PRG Talent Funder, a JSE-listed investment product, ensure sustainable financial backing. Operating as a tax-exempt non-profit, the Foundation provides donors with BBBEE points and CSI credits, creating added value for contributors.

As part of a broader support network, including the Paul Roos Old Boys Union, the Paul Roos 150 Trust Fund, and Klub 1000, the Foundation continues to empower youth and cultivate future leaders. Contributions are welcomed to sustain its mission and expand outreach through partnerships like the Forward Foundation.

The PRG Foundation stands as a testament to the power of education, sport, and mentorship in shaping young lives for success. Click here to see the full report.

Klub 1000 se Potjiekoskompetisie bou voort op suksesresep

Die jaarlikse Klub 1000 potjiekoskompetisie op 1 Maart 2025 was weer ‘n groot sukses. Met 17 verskillende potjies in die wedloop, het spanne se kreatiwiteit gesorg vir ‘n strawwe kompetisie en smaaklike resultate. Kyk gerus na die grafika om te sien wie het gewen.

Dié geleentheid vorm ‘n integrale deel van Klub 1000 se fondsinsameling vir ad hoc-skoolprojekte, met alle opbrengste wat direk terugvloei na die skool. Klub 1000 is ook aktief betrokke by die Wynfees en die PRG Wynveiling, wat saam met die OSU en die PRG Handelsmerkbestuurskantoor aangebied word.

De Wet Viljoen het namens die organiseerders dank betuig teenoor die borge van die pryse, die ouers wat dit ‘n sukses gemaak het en Paul Roos Gimnasium wat die geleentheid moontlik gemaak het. Volgende jaar gaan hulle  ‘n nog groter impak maak, sê hy.

Net om te herinner: Klub 1000 is meer as net ‘n fondsinsamelingsinisiatief. Dit skep ‘n ruimte waar nuwe ouers en Old Boys kan saamkom, en bied waardevolle netwerkvoordele vir al sy lede. Elke jaar sluit nuwe ouers by die skoolfamilie aan, en Klub 1000 help hulle om deel te word van die Paul Roos-ervaring—ongeag of hulle oud-leerders is of nie.

Hier voel geen nuwe ouer ooit uitgesluit nie. Van ‘n glas wyn saam met mede-ouers tot betrokkenheid by die skoliere se ontwikkeling, Klub 1000 bied ‘n unieke gemeenskap waar vriendskappe en bande gevorm word. Dit bring die beste van twee wêrelde saam!

Summary:  The annual Klub 1000 potjiekos competition, held on March 1st, 2025, was another great success. With 17 diverse potjies competing, creativity and culinary skills were on full display. This event is a key fundraiser for school projects, ensuring all proceeds go directly to Paul Roos Gimnasium. Beyond fundraising, Klub 1000 fosters a strong community for new parents and Old Boys, offering networking and social engagement. The club ensures that everyone, regardless of their history with the school, feels included and connected. For more information, visit: https://paulroos.co.za/club-1000/

Old Boy prepared a West Coast feast fit for royalty

Opsomming: Die bekroonde sjef Kobus van der Merwe van Wolfgat in Paternoster het op 7 November 2024 ‘n tradisionele Weskus-braai vir Prins William in Kalkbaai-hawe voorberei. Die geleentheid, aangebied deur Abalobi, ‘n organisasie wat kleinskaalse vissers en volhoubare seekospraktyke ondersteun, het Suid-Afrikaanse kulinêre erfenis met wêreldwye volhoubaarheidsbewustheid verweef. Van der Merwe het ‘n keur van plaaslike geregte bedien, insluitend geelstert-sosaties, roosterkoek met bokkom-botter, heerenboontjiepaté en mosselparfait

On November 7, 2024, Kalk Bay Harbour played host to a truly special occasion – an authentic West Coast braai prepared by celebrated South African chef and Old Boy Kobus van der Merwe (1998) for none other than Prince William.

The event, hosted by Abalobi, an organization dedicated to supporting small-scale fishers and sustainable seafood practices, seamlessly blended South African culinary heritage with a global spotlight on sustainability. 

Van der Merwe, renowned for his hyperlocal Strandveld cuisine at Wolfgat, an international award-winning eatery in Paternoster, presented a feast showcasing the rich flavors of the West Coast. The menu featured yellowtail sosaties, roosterkoek with bokkom butter, heerenboontjie paté, mussel parfait, and other traditional delicacies. Each dish was a reflection of his commitment to seasonal and sustainable ingredients, highlighting the depth of South Africa’s indigenous food culture. 

Wolfgat, housed in a 130-year-old fisherman’s cottage overlooking the bay, offers a one-of-a-kind dining experience, embracing the dramatic transformation of the coastal landscape through its tasting menu. The restaurant gained international acclaim in 2019 when it was named Best Restaurant in the World at the prestigious World Restaurant Awards in Paris. 

With only 20 diners per sitting, Van der Merwe ensures that Wolfgat maintains its intimate and sustainable ethos. His culinary philosophy focuses on the use of indigenous succulents, wild herbs, handpicked seafood, and seasonal veldkos, each dish meticulously crafted to pay homage to the land and sea. 

The braai at Kalk Bay Harbour was more than just a meal—it was a celebration of heritage, sustainability, and the remarkable synergy between South African tradition and global awareness. For Prince William, it was a taste of the West Coast’s essence, expertly curated by one of its finest chefs. 

Maroen-Lenteloop 2025 (18 Oktober)

Vanjaar se PRG-OSU Lenteloop word beplan vir Saterdag 18 Oktober 2025 om 07:30.

Twee opsies gaan beskikbaar wees: Vir die fikse stappers wag die Swartboskloof-roete en die gemaklike Geelhout-roete dien as alternatief vir diegene wat nie kans sien vir ‘n meer veeleisende en langer stap nie.

Swartboskloof-roete: Dié 11,1 km lange sirkelroete word beskou as matig uitdagend en kos 3 en ‘n half uur om te voltooi. Dit bied pragtige uitsigte, ryk voëllewe en diverse fynbosplantegroei. Daar is plekke om waterbottels te hervul, maar sonskerm en ‘n hoed word aanbeveel weens blootstelling aan die son.

Geelhout-roete: Dié 3 km lange sirkelroete is ook matig uitdagend en neem ‘n raps meer as ‘n uur om te voltooi. Dit volg ‘n rivierloop, kruis strome en bied skaduryke areas. Daar is een klim van 185 meter, waarvandaan stappers panoramiese uitsigte kan geniet voordat hulle afdaal. Die roete is geskik vir gesinne, maar honde word nie toegelaat nie.

Enigeen is welkom. Ontbyt agterna by Aunt Sophie is vir eie koste.

Donasies is vrywillig vir inheemse boompies is vrywillig. Kontak oldboys2@paulroos.co.za vir meer inligting oor kostes.

Stof af daai stapskoene!

Steven Kitshoff chooses health over risk as he retires from rugby

Rugby star and Old Boy Steven Kitshoff (2010) has decided to prioritize his quality of life over the risks associated with continuing his career following a serious neck injury. The Springbok prop, known for his dominance on the field, has chosen to step away from professional rugby rather than risk further harm. His decision reflects a growing awareness among athletes about long-term health and well-being after retirement.

Beyond the field, Kitshoff has expressed deep gratitude for the unwavering support of his wife, Aimee, throughout his career. Following his retirement, Aimee shared a heartfelt message, praising his dedication and passion for the game while emphasizing that this is just the beginning of a new chapter.

While Kitshoff has yet to announce specific future plans, his wife’s words suggest that he is looking forward to new opportunities beyond rugby. His retirement marks the end of an era, but also the start of something exciting ahead.

You can read the full article on Netwerk24: Kitshoff kies gehalte van lewe bo gevaar van afspraak met ‘laksman’

How social media placed a PRG rugby star on the global radar

STELLENBOSCH, SOUTH AFRICA – AUGUST 17: General views during the Sportsmans Warehouse Premier Interschools match between Paul Roos Gymnasium and Grey College at Paul Roos Gymnasium on August 17, 2024 in Stellenbosch, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

Tiaan Basson, a promising Grade 11 rugby player at Paul Roos Gymnasium, has found himself in the spotlight after a video of him playing for Cheltenham College during an exchange program surfaced on social media. The clip, showcasing his talent and skill on the field, quickly gained traction and caught the attention of international rugby scouts, particularly in Europe. His Hungarian citizenship adds an interesting dimension, as overseas teams are considering him as a potential future signing.

Despite the growing interest, no formal negotiations have taken place, given that Basson is only 16 years old. While the overseas rugby community sees potential in his abilities, both he and his family acknowledge that his career is still in its early stages. His father, in particular, believes that discussions about long-term contracts and professional commitments would be premature at this stage.

The story highlights the incredible reach and impact of social media in modern sports. A single viral video has placed Basson on the radar of international scouts, demonstrating how digital platforms can accelerate recognition and open doors for young athletes. His situation mirrors similar cases where rising talents gain exposure far beyond their local communities thanks to online visibility.

As Basson continues his development at Paul Roos Gymnasium, the excitement surrounding his future remains high. Whether he eventually pursues opportunities abroad or stays in South Africa, his story serves as a testament to how the digital age is transforming talent scouting and the trajectory of young sports stars worldwide.

Lees die volledige Netwerk24-artikel hier: Engelse, Franse staan tou om Paul Roos-ster (16) te teken – als danksy sosiale media https://www.netwerk24.com/netwerk24/sport/skole/engelse-franse-staan-tou-om-paul-roos-ster-16-te-teken-als-danksy-sosiale-media-20250222

Semper hou jou op die hoogte van wat by die skool en in die wêreld gebeur

Om die storie uit die perd se bek te hoor, bly steeds die beste manier om op hoogte te bly van die gebeure op die skoolgrond van Paul Roos Gimnasium. Die jongste uitgawe van Semper – April 2025 – is insiggewend en boeiend.

Wat steeds ‘n gesprekstema bly, is die konsep van “doop.” Sedert 2010 is dit by PRG ontwikkel tot ‘n mentorskapprogram waarin nuwe graadagts touwys gemaak en in ‘n broederskap opgeneem word. Vir die matrieks wat die leiding neem, is dit ‘n waardevolle geleentheid om leierskap en kommunikasievaardighede te slyp.

Nog ‘n ontwikkelende tradisie vir die matrieks is die Verjaardagbal, wat sedert 2018 ‘n integrale deel van PRG se kultuur geword het. Dans het duidelik ‘n groot indruk gemaak vanjaar, en daar was genoeg ruimte om die ritme van die aand te geniet. ‘n Nuttige wenk: Maak seker jy ontmoet die metgesel wat jou maats vir jou reël vooraf!

Wat gebeur in die wêreld? Aktuele onderwerpe sluit in die vraag of ons werklik met klimaatsverandering te doen het, en of die Lewis Hamilton-Ferrari-kombinasie op die F1-renbaan die sleutel tot oorwinning is. Verder word insigte gedeel oor die relevansie van albums in die moderne musiekwêreld.

Paul Roos se oud-leerder Dr. Leon Schreiber (2006), tans Minister van Binnelandse Sake, het ‘n besoek aan sy alma mater gebring en… raai wat? Hy het leerders aangemoedig om ‘n loopbaan in die staatsdiens te oorweeg. Sy boodskap is duidelik: Daar is ‘n toekoms vir almal in Suid-Afrika, en PRG kan ‘n beduidende rol speel in dié visie.

Op ‘n meer persoonlike noot het die skool afskeid geneem van twee geliefde Afrikaans-onderwysers: Louise Horn en Alida van Staden. Beide gaan die skoolseuns se humor mis, en hulle sal self ook gemis word. Me. Horn se raad aan jong onderwysers? Leer so veel as moontlik by ander, maar plaas altyd die leerders se belange eerste. Haar pad lei haar na die Weskus, terwyl Me. Van Staden na Hermanus verhuis. Gelukkig het PRG ‘n span nuwe onderwysers verwelkom, en ons het die geleentheid gehad om met vier van hulle te gesels.

Die debat raak intens wanneer prikkelende onderwerpe soos die verdwyning van hardekopie-koerante, die verkorte aandagspan van die moderne mens, en die vraag of kunsmatige intelligensie die toekoms van onderwys is, onder die loep kom.

Dit en veel meer wag op lesers as hulle hier klik: » Semper April 2025 | Paul Roos Gimnasium – Gymnasium

Special Offer – 150 Commemorative Book

In 2016, Paul Roos Gymnasium celebrated 150 Years of excellence. The school marked its remarkable 150th anniversary with a special commemorative book, offering a unique glimpse into its history and numerous achievements over the decades. A limited number of these exclusive books are still available at a special offer – don’t miss your chance to own a piece of history. Choose a classic hardcover or a luxurious leather cover (limited quantity available) to suit your preference. Order today to secure your copy!

Email your completed order form to Elza Van der Walt at 150trust@paulroos.co.za – after which the bank details will be shared via WhatsApp. Thank you!

Order Form: https://drive.google.com/file/d/1udBa_bbrz3tNZB–hU13expZxIFnJMNv/view?usp=sharing

************************

Spesiale Aanbod: 150 Gedenkboek

In 2016 het Paul Roos Gimnasium 150 jaar van uitnemendheid gevier. Die skool het sy merkwaardige 150ste bestaansjaar gevier met ‘n spesiale gedenkboek, wat ‘n unieke blik in sy geskiedenis en talle prestasies oor die dekades bied. ‘n Beperkte aantal van hierdie eksklusiewe boeke is steeds beskikbaar teen ‘n spesiale aanbod – moenie u kans misloop om ‘n stukkie geskiedenis te besit nie. Kies ‘n klassieke hardeband of ‘n luukse leeromslag (beperkte hoeveelheid beskikbaar) om by u voorkeur te pas. Bestel vandag nog om u kopie te verseker!

E-pos u voltooide bestelvorm aan Elza Van der Walt by 150trust@paulroos.co.za – waarna die bankbesonderhede per WhatsApp met u gedeel word. Baie dankie!

Bestelvorm: https://drive.google.com/file/d/1udBa_bbrz3tNZB–hU13expZxIFnJMNv/view?usp=sharing

Teken solank aan in jou dagboek

Op die OSU se inligtingblad word inligting oor reünies, sportdae, AJV, dinee’s, ensovoorts aan alle Old Boys gekommunikeer. Teken asseblief aan of registreer om deel te neem. Kliek hier!

We urge you to log in or register to update your own information, inorder to stay informed of reunions and other festivities. By logging in you will also be able to network with other Old Boys, participate in our forum discussions, view our online calendar, advertise your products or services or buy from our online shop.

GESELLIGHEDE:

  • RUGBY: PRG VS STELLENBERG (MARKÖTTER) 7 Jun’25
  • RUGBY: RONDEBOSCH (MARKÖTTER) 26 Jul ‘25
  • LENTELOOP 18 Okt ‘25
  • PRG MASTERS GOLF 27 Oct ‘25
  • RUGBY COMMITEE GOLF DAY, STELLENBOSCH GOLF COURSE 13 Nov ‘25

SENIOR OLD BOYS LUNCH 7 Nov ‘24

Oudonderwyser was ‘n baken in Afrikaanse leksikografie

Met die heengaan van dr. Frikkie Lombard op 19 April 2025, neem ons afskeid van ‘n oudonderwyser en taalkundige reus wat die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) met toewyding en kundigheid gevorm het. Sy nalatenskap strek oor dekades van noukeurige werk, deursettingsvermoë en liefde vir die Afrikaanse taal.

Dr. Lombard, gebore in 1953 in Bellville, se loopbaan was ‘n merkwaardige reis. Na sy studies aan die Universiteit Stellenbosch en ‘n onderwyspos by Paul Roos Gimnasium, het hy in 1982 by die WAT aangesluit. Sedertdien het hy hom onwrikbaar toegewy aan die verruiming van Afrikaans se woordeskat en die akkuraatheid van sy definisies. Onder sy leiding as eindredakteur sedert 2002, is nege woordeboekdele voltooi—’n bewys van sy onvergelykbare werksetiek en intellektuele vernuf.

Buiten sy werk aan die WAT, het hy vir meer as 25 jaar ‘n sleutelrol in die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vervul. Hier het hy 15 jaar lank as sekretaris gedien, ‘n posisie waarin hy help rigting gee het aan die ontwikkeling van Afrikaans. Sy bydraes het hom erkenning besorg in die vorm van die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap en die C.L. Engelbrechtprys.

In sy laaste dae het dr. Lombard gewerk aan die woord “trek”—’n gepaste simbool van sy lewenspad en die migrasie van sy kennis oor generasies heen. Sy invloed strek veel verder as die bladsye van die WAT; dit leef voort in elke Afrikaanse sin wat noukeurigheid en betekenis dra.

Ons salueer ‘n ware taalbouer, mentor en vriend van Afrikaans. Mag sy nalatenskap bly voortleef in die taal waaraan hy sy lewe gewy het.

Lees gerus ook berig op Netwerk 24.

Huldeblyk: Pieter-Jan Bestbier (1986)

Met die heengaan van Pieter-Jan Bestbier op 5 Maart 2025, het Paul Roos Gimnasium en sy Oudskoliere-Unie een van sy mees toegewyde lede verloor. Pieter-Jan was nie net ‘n oud-leerling van PRG nie, maar ook ‘n ouer, ‘n beheerliggaamlid, en voorsitter van die finansiële komitee. Hy het diep spore in die gemeenskap getrap deur as voorsitter van die Oud-Skolierevereniging en trustee van die PRG 150-Trust te dien.

Sy finansiële kundigheid, onwrikbare toewyding en vermoë om beleid en strukture te implementeer het ‘n blywende impak op die skool en sy Oudskoliere gehad. Pieter-Jan se vermoë om sy kennis vrylik te deel en ‘n sentrale rol in die skoolgemeenskap te vervul, het hom een van die mees gerespekteerde figure binne Paul Roos Gimnasium gemaak.

Buite sy verbintenis met die skool was hy ‘n geoktrooieerde rekenmeester en ‘n direkteur by Loubser Du Plessis Inc., ‘n firma van openbare rekenmeesters in Stellenbosch. Sy kundigheid en professionele integriteit was wye bekend, en sy werk het ‘n diep invloed op die finansiële sektor gehad.

Pieter-Jan laat sy vrou, Jeanne-Marie, en hul seun en tweeling dogters agter, wat saam met sy geliefde gemeenskap sy afwesigheid innig sal voel. Sy passie, toewyding en onbaatsugtige diens aan Paul Roos Gimnasium en sy Oudskoliere sal voortleef in die nalatenskap wat hy opgebou het.

Ons eer sy herinnering en groet ‘n ware staatmaker van die PRG-gemeenskap.