Z-Dag 2018

Op Z-dag vanjaar was daar weer eens ’n hele paar Old Boy-pa’s en hul matriekseuns.

Hier staan van links Wouter de Kock en Martin de Kock, Theunis Smal en Brynard Smal, Solly Solms en Johnnie Solms, Pieter de Waal en Dirk de Waal, Johann Mostert en Juan Mostert, Quinten Smit en Ethan Smit, Sakkie Visser en Johan Visser, Carinus Lemmer en Luc Lemmer, Arend de Waal en Adriaan de Waal, Bernard Fick en Andre Fick en George Velasario en Alex Velasario.

Leerlingraad lê krans by Paul Roos se graf

Paul Roos se verjaarsdag is op 30 Oktober. Jaarliks, so na as moontlik aan hierdie datum, word ’n krans deur lede van die die leerlingraad by sy graf gelê. Op die foto staan me Marietjie Roos, rektor André van Staden, Thomas Winter, Christopher Changfoot, Malan Truter, Gerhard Cloete (onderhoofseun), Kade Wolhuter, Chris Albertyn (hoofseun), Mfundo Mashiya, Jan-Hendrik la Cock, Tristan Moses, Christiaan de Kock, Paul Ellis, Alex Schliemann, Victor Mandishaya, Neels Rossouw en Francois du Toit.

Foto: Renette Stofberg

Reünie-ete van 26 Oktober 2018: Old Boys van 1954, 1955 en 1956 trek saam

Die klasse van 1954, 1955 en 1956 het op 26 Oktober middagete saam geniet. By die geleentheid was (voor van links) Pieter Rossouw, Hennie Joubert, Ian Walls, Kallie de Kock en Bakkies Rabe; (middel van links) Hermien, Hetlo, Freda, Hanna, Delene, Ria en Dos Blok; (agter van links) Attie Mostert, Vidi La Grange, Niel Briërs, Mike Carinus,  Chris Hofmeyr, Johan Pienaar, Theophill Steinmann,  Dirk vd Merwe,  Stiljan Momberg, Dawie Albertyn en George Van der Westhuizen

Foto: Nic de Jager

Manne van 1958 beplan maandelikse ontbyt

‘n Paar 1958ers het in November op die stoep van Devonvale Klubhuis oor ‘n lekker ontbyt, besluit dat dit op ‘n maandelikse grondslag moet gebeur. Hulle nooi ander om by hulle aan te sluit. By dié geleentheid was (sittende) James Joubert (1958 hoofseun), Carl Vlok en Elza van der Walt; en agter hulle Pang Basson, Wouter Pienaar en Nic de Jager.

Die foto is deur Leon (kelner) met Nic se kamera geneem.

Matrieks van 1963 kuier saam in Melkbos

Einde November het twaalf matrieks van 1963 hul reünie van Meimaand in ’n goeie luim by Melkbos se Damhuis voortgesit. Voor van links is Johan de Beer, Walter Scheffler, Eben Brink, Evert Cilliers en Olla Olivier. Agter staan van links Snoekie du Plessis, Ronnie Chorn, Hennie Brandt. wat die byeenkoms gereël het, Piet Smit, Johnny van Heerden, Nico Kriek en Theo Mey.

In memoriam

Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is.

We would like to pay tribute to the following members of our fraternity who shared our hallowed school grounds with us and contributed in some or other way to the memories many of us treasure.

Sedert ons vorige uitgawe van September 2018 het ons van die volgende sterfgevalle verneem:

  • Piet Vos (1951): oorlede op  21 Augustus 2018;
  • Pieter Delport (1961): oorlede op 7 Oktober 2018;
  • Alex Versfeld (1966): oorlede op 19 Oktober 2018;
  • Joshua Searle (2017): oorlede op 27 Oktober 2018; en
  • Gertjie Brynard (1956), oud-Springbokvleuel van 1965-68: oorlede op 2 Desember 2018.