In cooperation with Lew Geffen Sotheby’s International Realty one of our highlight events of the year, the PRG Classic Golf Day, will be held on Friday 28 May 2021 at the Stellenbosch Golf Club.
Continue reading PRG Classic Golf day now on 28 MayMonth: April 2021
Jongste oor die Pollas en hul streke
Die Polla-konsep begin lekker posvat. Saamtrekke het op 11 Maart in Stellenbosch (baie informeel) en op 25 Maart in die Helderberg plaasgevind (sien foto’s).
Paul Benson (1990) is een van die groot dryfkragte agter die Helderberg-Polla, tesame met Schalk van Reenen en Helgard Slabbert. Hulle het die Ondersteun ‘n Paul Rooser-projek by die Helderberg-Pollakuier van 25 Maart 2021 bekend gestel.
Continue reading Jongste oor die Pollas en hul strekeKry jou litte los en loop weer ‘n slag die Lenteloop


Wil jy graag na verloop van 50 jaar weer op jou spore terugloop en die Lenteloop van 1971-1975 herloop? Geniet jy dit om in die natuur te stap? Doen jy iets om die omgewing te beskerm? Geniet jy dit om met klasmaats en skoolmaats te praat? Jy hoef nie van al drie hierdie aktiwiteite te hou om in te skryf vir die Lenteloop in die Jonkershoek Natuurreservaat op Saterdag 4 September nie.
Continue reading Kry jou litte los en loop weer ‘n slag die LenteloopDid you know?
In Memoriam
Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is.
We would like to pay tribute to the following members of our fraternity who shared our hallowed school grounds with us and contributed in some or other way to the memories many of us treasure in the image above.
Werner van Rensburg – `n ware heer met `n hart vir mense en vir God!
‘n Groot leemte is in die geledere van Paul Roos Gimnasium gelaat met die afsterwe van mnr. Werner van Rensburg, Adjunkrektor: Akademie, op 30 Desember 2020 in die ouderdom van 57 aan Covid-19.
Continue reading Werner van Rensburg – `n ware heer met `n hart vir mense en vir God!Vincent Brümmer (1950), vermaarde godsdiensfilosoof oorlede
Vincent Brümmer (1950) is op 30 Maart 2021 by sy huis in Utrecht in Nederland oorlede. Hy was ‘n wêreldbekende teoloog wat in Stellenbosch gebore is, maar die grootste deel van sy lewe in Nederland gewerk het. Hy is ‘n neef van Guillaume Brümmer, kleinkind van die skrywer C J Langenhoven.
Continue reading Vincent Brümmer (1950), vermaarde godsdiensfilosoof oorledeChristopher Heywood opened up African literature
The greatest contribution imaginable by Old Boy Christopher Heywood, who recently died aged 93, was to initiate undergraduate and postgraduate programmes in African literature at the various universities where he had lectured in the United Kingdom and Nigeria.
Continue reading Christopher Heywood opened up African literatureDirk Oosthuizen (1949)
Dirk Oosthuizen (1949) is op 24 Desember 2020 aan natuurlike oorsake oorlede. Hy was ‘n stoere Paul Rooser en het altyd groot waardering gehad vir wat sy Alma Mater vir hom as jong kind beteken het.
Hy was in Prima-koshuis en het graag wanneer ons met vakansie was vir die kinders kom wys waar hy tuis gegaan het en staaltjies vertel oor die verhuising na die verskillende skoolgeboue. Dit was vir hom ‘n besondere voorreg dat ons seun, Johann Grobbelaar, ook sy matriek in 1985 aan Paul Roos kon aflê. Johan is in 1988 oorlede.
Dit is maklik om te sê Dirk was pligsgetrou. Waar hy ook al gewoon en gewerk het, het hy deelgeneem aan aktiwiteite. Hy het onder meer op die moderamen gedien van die NG Kerk, was raadslid op Stellenbosch en later ook in die Wynland-distriksmunisipaliteit, waar hy onder-burgemeester was. Hy was ook vroeër voorsitter van die Kajuitraad in Durban. Op elke plek waar hy gewoon het, was hy betrokke by die Afrikaanse Sakekamer en op die finansiële komitee van talle kerkrade gedien, van Stellenbosch tot in Salisbury (nou Harare).
Hy was tot in sy laaste dae dankbaar vir almal wat op sy pad vir hom gehelp, ondersteun en bygestaan het.
Petrusa Oosthuizen (sy eggenote)






