Edition / Uitgawe Jul 2021

Help ‘n flink stap om jou verstandelik flink te hou?

Sien ons jou op die sementbruggie van die Jonkershoek-sirkelroete op Saterdag 4 September? Heelwat van die matrieks van 1973 (wat hier stap as voorbereiding) sal wel daar wees. Die bruggie is natuurlik die halfpadmerk van die 10 km-roete.

Niks verhoed jou om net 2 km heen en 2 km weer te stap nie. Of, indien jou “masjien” baie slytasie moes verduur, kan jy selfs net 100 m stap voordat jy die ontbyt om 10:00 by die Markotter-terrein geniet.

Hou ‘n flink stap net soveel voordele in as intense oefensessies? Soos dr Sunjay Gupta van CNN dit stel: “Brisk walking is better than more intense workouts. With vigorous exercise your brain typically emits the stress hormone cortisol, which tends to block the release of what’s called BDNF—a protein that’s a kind of Miracle-Gro for the brain—that more moderate exercise produces. So you want brisk walking versus hard running, as frequently as possible.”

Is jy nog verstandelik skerp? Die einste dr Gupta skryf in sy boek Keep Sharp: Build a Better Brain at Any Age?:Take a brisk walk with a friend and talk about your problems. It’s a brain trifecta: moving, socializing, and releasing stress”. 

“Doing those three things ends up measurably detoxifying your brain.” 

“I used to train very solitary, but walking more with friends has really changed my brain health. I can feel it.”

Die hoofdoel van die Lenteloop is om die samesyn met jou ou skoolmaats te geniet in dieselfde gees as die destydse Lentelope; ongeag of julle nou 10 km, of 4 km of 100 m stap.

Skryf betyds in, moenie wag nie en nader sommer nog ‘n paar ou skoolmaats om saam te loop.

Bankbesonderhede

Kostes: R250 vir die saamloop, ‘n bydrae vir boompies asook ‘n ontbyt.

Nedbank | OSU PRG | Lopende rekeningnr. 1498046266 | Takkode 149821

Verwysingsnr: Loop + Voorletter, Van, Matriekjaar, bv. LoopPRoos1901

Print Friendly, PDF & Email