Daar is baie stof tot nadenke in die berig oor Paul Roos Gimnasium se Societas-klub wat ‘n daguitstappie van die boloop tot die monding van die Eersterivier gebruik het om brue te bou na ander gemeenskappe en bewus geword het van hoe belangrik hierdie ekosisteem vir omtrent alles in ons samelewing is.
One cannot help to think of our school also as an ecosystem similar to a river, springing from the fountain of education and eventually meandering into the society, where we as Old Boys must play our role to keep the system in good health, improve relationships and make positive and meaningful contributions on all levels.
Dit is opvallend dat daar ook in die skoolstelsel bepaalde siklusse is. Daar is die normale jaar wat nou afgesluit word met refleksie en beplanning vir die volgende een: kyk gerus saam met ons weer terug oor die PRG se bydrae tot ons Rugby-wêreldbekertriomf, die rugbybepalings vir aanstaande jaar, waar ons in die algehele konteks van skolesport staan, twee lekker gholfdae waartydens onder meer ons eie meesterskampioen aangewys is en die middagete vir senior Old Boys.
But there are also stories about lives and careers coming to an end: Vernon Swart’s drums fell silent, Anton Müller, the “autistic child” who managed with the help of his mother and the PRG to get a good education, recently retired from his job at the Stellenbosch Public Library, and Deputy Rector Frans van Niekerk, will leave a big void when he retires early next year.
Met hierdie uitgawe groet ons 2023, maar sien ons uit na die nuwe jaar net om die draai. Rus lekker en geniet die familietyd, dié wat kan. Merry Christmas and Happy New Year!
