It is my pleasure to report back on the work of the Old Boys’ Union over the past months. As most of you are aware the Annual General Meeting (AGM), which include the adoption of the financial statements, and the four matric reunions (1963, 1988, 1993 and 2003) were held on the 19th of May – the weekend before the school played sport against Rondebosch Boys High School.
At the Mass Reunion on 19 May 2023 the Rector, Mr André van Staden, reminded the Old Boys about the importance of the values the school are instilling in its learners, but the growth and success of the school are placing pressure on its infrastructure maintenance and development. They are forging ahead with the school’s master plan on various levels, e.g., an enlarged gymnasium, upgraded laboratories, staff accommodation, and will soon start with the construction of the first of two new 60 bed hostels.
Al is Paul Roos Gimnasium vandag ‘n moderne wêreldskool waar seuns toegerus en bemagtig word om hul plek in die breë Suid–Afrikaanse samelewing en ook in die wêreld met sukses vol te staan, word onveranderlike waardes met sorg nagestreef.
Die old school values van trots, respek en ‘gentlemanskap’ word jaloers bewaar en uitgeleef.
So het rektor André van Staden in sy toespraak by die Massareünie op Vrydag 19 Mei 2023 gesê. Hy meen dat die skool gerespekteer word omdat dit waardegedrewe is. “Ons moet altyd onthou dat ons trots op die skool gevestig is in etos, waardes en die gees van die skool en nie op suksesse en prestasies nie.
Hy het wel dit wat in 2022 bereik is op alle terreine – akademie, kultuur en sport – met behulp van grafika uitgebeeld wat in die volgende artikel gesien kan word.
“PRG is in ‘n dinamiese en opwindende tydvak van sy bestaan. Ons groei in leerdergetalle, meer spanne en ons suksesse plaas reuse-druk op ons infrastruktuur. Byvoorbeeld het ons ‘n dringende behoefte aan ses nuwe klaskamers en ‘n ouditorium. Ons werk voortdurend daaraan om ons kampus op dié vlak te kry en te hou, waar ons met die beste in die land kan kompeteer,” het die rektor gesê.
Ongelooflike sukses word met die skool se instandhoudingsprogram en meesterplan vir ontwikkeling behaal. Onderhoudswerk aan die Marköttervelde is uitgekontrakteer en die uitbreiding van die Nova-koshuis met 12 beddens is afgehandel.
Vanjaar op die program is die uitbreiding van die gimnasium om die prestasieprogram te ondersteun. Die PRG 150 Trust het twee huise op Stellenbosch gekoop om sy hand te versterk met die werwing van toppersoneel en R4 miljoen beskikbaar gestel om die laboratoriums vir fisieke wetenskappe op te gradeer.
Onderhandelinge is begin met Stellenbosch-universiteit oor grond vir ‘n astrobaan en daar is ook ‘n fisiopraktyk op die skool se kampus gevestig.
Daar word beplan om aanstaande jaar die eerste van twee 60 man koshuise te bou, sodat dit in Januarie 2025 gereed kan wees vir okkupasie. Dit sal in die reuse-behoefte aan koshuisakkommodasie voorsien en op die langer termyn beskerming bied teen die WKOD se toelatingsregulasies wat al hoe meer beperkings op die skool plaas, het mnr Van Staden gesê.
Ses jaar gelede het rektor André van Staden in sy eerste toespraak by die Oud-Skoliere Massa-reüniedinee gesê sy prioriteit is om Paul Roos Gimnasium se momentum van uitnemendheid te versterk. Dit is steeds sy prioriteit, het hy vanjaar gesê en toe met behulp van grafika gewys hoe daar in 2022 op alle terreine uitmuntend presteer is.
Jean Durand, with an earlier certificate of achievement.
Jean Durand (2018), verlede jaar se wenner van die SU Kanseliersmedalje, is pas met nog ’n toekenning van die Fakulteit vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vereer. Hy is as die wenner van die gesogte CGW Schumann-medalje aangewys.
Hierdie artikel oor Steven Kitshoff (2010) deur Stephen Nel wat op 27 Mei in Die Burger verskyn het, word met hul verlof gepubliseer
“Wat ‘n speler, wat ‘n mens.”
Steven Kitshoff, kaptein van die Stormers, groet Saterdag op die hoë noot van ‘n tweede agtereenvolgende Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd in die DHL-stadion in Kaapstad. Wen of verloor, kan hy hom steeds daarop roem dat hy die suksesvolste Stormers-kaptein in die geskiedenis is.
Old Boy Dieter Eiselen (2014) het in sy tyd in die VSA nie net spiere gebou nie, maar ook onlangs aan Yale-universiteit graad gevang. Dié Gridiron-sportster is pas vir ‘n vierde seisoen vir die Chicago Bears gekontrakteer en word deur Amerikaanse kommentators as ‘n voorbeeld voorgehou dat harde werk met sukses beloon word.
Sian Maart (2022) se passie vir hokkie kom sterk na vore in hierdie artikel van 16 Mei wat Wilhelm de Swardt vir TuksHockey geskryf het, maar op skool was hy ook ‘n kranige rugbyspeler en atleet
In sy boodskap by die Massareünie het rektor André van Staden klem geplaas op 2022 wat ‘n uitsonderlike jaar van prestasie was. Kom blaai gerus weer deur verlede jaar se jaarblad en kyk hoe daar met hierdie spogpublikasie van altesame 180 bladsye uitgehaal en gewys word.
Almal is dit eens dat die OSU Massareünie en Algemene Jaarvergadering op 19 Mei 2023 ‘n groot sukses was. Kyk gerus na die video om gees te vang en deur Snugmug se gallery foto’s om te sien wie almal daar was.
Die 1963-matriekklas het oor die naweek van 12 en 13 Mei 2023 hul 60 jaar na matriek herdenk. In 1983 het die 1963 Old Boys hul eerste reünie gehou. Die tweede het gevolg in 1993 wat opgevolg is met die derde in 2003 toe die manne besluit het om elke vyf jaar bymekaar te kom. Dié tradisie is in 2023 voortgesit vir die sewende keer toe 19 Old Boys en 13 gades deelgeneem het.
Oor die Klas van 1993 het ons vir lank nie ‘n reünieverslag ontvang nie, maar hierdie wynbottel in die Oudskoliere-Unie se kantoor het vir ons dalk meer as genoeg vertel. Dit het gelyk of dit smaakvol en kleurryk was!