Betrokkenheid van lede is die kern-faktor vir sukses in enige organisasie, en soveel te meer vir ’n oudskoliere-unie. Daar is so baie maniere om jou belangstelling te toon, maar sekerlik een van die belangrikstes is om die Algemene Jaarvergadering by te woon en deurtastende vrae op die onderskeie verslae te stel. Continue reading Jou bydrae tot ‘n sterk oudskoliere-unie
Month: March 2019
PRG hosting the World Schools Festival
Die World Schools Festival word van 26 – 30 Maart op Markötter gehou en ons nooi alle Old Boys uit om dié spogtoernooi waarmee die beste talent in internasionale skolerugby ten toon gestel word, te ondersteun. Tien topskole van Suid-Afrika ding teen tien skole van regoor die wêreld mee. Besprekings kan gedoen word by Computicket. Op die laaste dag word daar ook vir Old Boys kans gegee om te wys dat hul vernuf nog nie verroes het nie. Continue reading PRG hosting the World Schools Festival
Edwill van der Merwe now top try scorer in Varsity Cup
Photo by Thys Lombard: Edwill in action against FNB NWU this month when he scored three tries.
Die drieëvraat Edwill van der Merwe word as die gesig van Varsity Cup-rugby bestempel, maar hy kan ook ’n toonbeeld vir rugby by Paul Roos Gimnasium wees. Die ontwikkelingspad van hierdie Old Boy en Matie wat tans die rekord hou vir die meeste drieë in Varsity Cup-wedstryde, word in die volgende artikel beskryf deur Dorfling Terblanche, toevallig ook ‘n Old Boy (2008) en nou onderwyser aan Paul Roos. Edwill lyk na ’n doelgerigte jong man wat hopelik binnekort die hoogste sport in rugby gaan behaal. Ons hou duim vas vir hom! Continue reading Edwill van der Merwe now top try scorer in Varsity Cup
Swem by Paul Roos kom al ‘n lang pad
Foto: PRG Argief
Die eerste swembad van Stellenbosch Boys’ High School (Stellenbosch Hoër Jongenskool) is rondom 1910 in Victoriastraat geopen. Jaarlikse swemgalas is al sedert die 1912-1913-seisoen hier gehou en die swembad, waarvan die geriewe gedeel is met die Kollege en later die Universteit, is eers gesloop toe die US se nuwe swembad op Coetzenburg in 1940 in gebruik geneem is. Continue reading Swem by Paul Roos kom al ‘n lang pad
Eerste skoolgeboue op doek vasgevang
Min oud-skoliere of besoekers sal ooit weet waar die heel eerste skoolgebou was, want soos ons in die nuusbrief van Desember 2018 berig het, het die brons gedenkplaat voor hierdie geskiedkundige gebou in Dorpstraat al geruime tyd gelede voete gekry. Continue reading Eerste skoolgeboue op doek vasgevang
Trotse Old Boy pa’s by hul graad 8 seuns
Met die aanvang van die nuwe skooljaar by Paul Roos Gimnasium was daar weer, soos gewoonlik, heelwat graad 8-seuns wat in die spore van hul vaders volg. Kyk ‘n bietjie wie was daar. Continue reading Trotse Old Boy pa’s by hul graad 8 seuns
Spesiale aanbiedinge / Special offers
Ons het weer ‘n wonderlike aanbod op ‘n besonderse versamelaarswyn… hier is jou kans om ‘n unieke wyn aan te skaf teen ’n prys wat nie sommer geklop sal word nie. Continue reading Spesiale aanbiedinge / Special offers
Traditional commemoration of School’s birthday
Paul Roos Gymnasium celebrated its 153rd birthday on March 1.
The day kicked off with the annual birthday assembly where Mr Hempies Du Toit, Old Boy and Springbok, was the guest speaker. Continue reading Traditional commemoration of School’s birthday
Nuuskierig oor wat op die skoolgrond aangaan?
Die jongste uitgawe van Semper is beskikbaar. Kliek hier.
The latest edition of Concipio is available online by clicking here.
Bly op die hoogte met skoolnuus.
Uitnodiging na Massa-reunie en AJV
Vanjaar se Massa-reunie en Algemene Jaarvergadering beloof om gewilder as ooit te wees weens die talle reunies wat oor die naweek van 17 en 18 Mei gehou word. Continue reading Uitnodiging na Massa-reunie en AJV
Interskole-dinee PRG vs Grey Bloem Save the Date
Reunion dates 2019
The following year groups should please take note: 1959, 1964, 1969, 1974, 1979, 1984, 1989, 1994, 1999 & 2009
Kindly click here to view dates and details.
1958-ers trek saam by De Zalze
In Februarie het ’n paar manne van die 1958-klas weer opgeruk vir hul kwartaallikse ontbyt. Hierdie keer is daar op De Zalze se klubhuisstoep gekuier, en in Carl Vlok se woorde “lekker geëet, gesels en gelag en opgevang”. Continue reading 1958-ers trek saam by De Zalze
Lidmaatskap en Ledegeld / Membership and Fees
Alle OSU-lede, hetsy betalend of nie-betalend, geniet dieselfde voorregte wanneer dit by reünies, dinees, sportdae, ensovoorts kom.
Betalende Jaar- en Lewenslede verkry gratis toegang tot Markötter gedurende PRG-rugbywedstryde wanneer hul ledekaarte getoon word by kaartjieverkopers en/of sekuriteit. (LW: Nie van toepassing by Wereldskole Rugbywedtryde nie.) Continue reading Lidmaatskap en Ledegeld / Membership and Fees

