Edition / Uitgawe Oct 2023

‘n Skool van geleenthede

Met drie Old Boys wat ons land tans in die Rugby-Wêreldbekertoernooi verteenwoordig, gaan dit niemand verbaas dat die klem in hierdie nuusblog op sport val nie. Dit is nog te vroeg om blydskap of teleurstelling uit te spreek, maar wat alle Paul Roosers weet, is dat dit nie eintlik oor wen of verloor gaan nie. Dit gaan oor balans in jou lewe en ons glo almal dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves.

Damian Willemse hadn’t forgotten his great friend from school days when severe adversity hit him. With Benje Momberg’s name on a wrist bandage, he sent him a message in his darkest hour: even here where I am at the crest of the wave in my sports career, I remember you, I think of you, and I pray for you.

Dit is sportmangees op die hoogste vlak, die storie wat vir lank onthou gaan word, soos oud-rektor Jannie van der Westhuizen in sy insiggewende artikel onlangs in Die Burger uitgewys het. Al verander die spel hoe, sportmangees sal triomfeer. Op ‘n hartroerende wyse word dit deur Frikkie se Ma in ‘n lesersbrief aan dieselfde koerant beaam.

This year’s business leader and Old Boy, Michael Jordaan, gives us some life lessons in several in-depth interviews. In the economy there is a scoreboard and that is the profitability of your business. Competitiveness is of great importance and once again you need to ensure that you surround yourself with the best people you can trust. That sounds like a fit and well-practised sports team, not true?

Dan is daar ‘n briefie uit die bloute waarin ‘n lid van die Klas van 1986 dankie sê vir die geleentheid wat die skool en ‘n bepaalde onderwyser vir hom gegee het toe hy op die drumpel van mislukking was. Vandag kan hy terugkyk op ‘n suksesvolle loopbaan, ‘n wonderlike huwelik en ‘n paar uitsonderlike prestasies op sportgebied.

Birds of feather flock together. Apart from reports and photos of three reunions – 1958, 2008 and 2018 – there have been successful Pollas abroad and more are planned for closer home soon. If you want to do it in an action-packed way, feel free to come and support some of the golf days held in November and December.

Hierdie uitgawe is volgepak en daar sal iets wees wat jou aandag gaan trek. Stuur gerus jou terugvoer aan die OSU-kantoor.