Edition / Uitgawe Oct 2022

Lente bring lewenslus en vernuwing

Hier in die suidelike halfrond van ons planeet is dit nou amptelik lente. Dag-en-nagewening het rondom 21 September plaasgevind en van nou af tot kort voor Kersfees word die dae langer en die nagte korter. So asof die natuur weet dit is nou tyd om meer goed gedoen te kry, is ons baie meer energiek en lus vir die lewe.

This energizing of our body, soul and spirit can be sensed in the many stories that we are sharing with you in this edition of the Paul Roos Old Boys Newsblog. Already ticked off on the To Do-list are the Lenteloop, Arbour Day and the multifaceted Grey sporting weekend. More feathers in the cap are the reunions of 1959 class and the 1992 class, as well as successful Pollas for the first time in Swakopmund and Nelspuit. At school a new group of leaders took over the reins.

Daar lê ook ‘n reeks gholfdae voor. ‘n Nuwigheid is die Meesterstoernooi begin November net vir Old Boys. Wie is die ware kampioen onder ons? Wie gaan die Maroenbaadjie vir die volgende jaar dra? Die noordelike gholfspelers kan solank hul stokke gereed kry vir die eerste Old Boys-gholfdag einde Oktober in Gauteng.

Exciting festivals are also laying ahead. On 22 October PRG will host the AFGRI Stellenbosch Spring Fair and everybody will be able to find a chill spot and entertainment. The week before it will be time to whet your appetite for red wine at the Pinotage Festival, unfortunately only for those older than 18 years.

Kom hoor wat onthul Pieter du Toit in sy nuwe boek The ANC Billionairs op 17 November by die Markötter-sportkompleks. Portchie stel ons bekend aan ‘n nuwe manier om in sy kuns te belê en ‘n mens kan min of meer dieselfde sê van die folk-duo Vrede – Francois Roux en Storm Opperman – wat vir ons met hul musiek ‘n ander perspektief op die lewe wil gee. Daar is ook ‘n brief van ‘n ma wat voel dat die bydrae wat die skool tot haar seun se ontwikkeling gelewer het, gehelp het om vir hom deure by een van die voorste universiteite in Nederland oop te maak.

The passing of Queen Elizabeth II prompted us to delve into the archives and we found interesting photo’s of her visit as part of the Royal family to Stellenbosch in 1947. Old Boy Niel du Bois also had the privilege of meeting her twice while being the media liaison officer in the President’s Office during her visit to South Africa in 1995.

In sy boodskap, stel voorsitter Nils Flaatten ons voor ‘n groot uitdaging, naamlik om 400 meer lewenslede oor die volgende twee jaar by die Oud-skoliere Unie te laat aansluit. Ons glo dit is ‘n haalbare teiken as almal skouer aan die wiel sit. Lees hier meer oor hoekom dit nodig is en hoe ons dit gaan doen.

There is a lot to absorb in this edition and as always your feedback will be appreciated.