Vyftig jaar later kuier klas van 1972 saam

Vytig jaar later trek die 1972-klas saam tydens die naweek van die Massa-reünie. En terselfdertyd het hulle sommer die kans benut om met van met hul Bloemhof-maats van 1972, sommiges was selfs saam in Sub A in die ou Bloemhof laer in 1961 (foto bo), in die Botaniese tuin van die Universiteit te vergader. 

‘n Klompie van dié manne kom al van Sub A af saam. Dalk herken jy hulle op die klasfoto heelbo.

Hier is ‘n paar foto’s van die geleentheid:

Continue reading Vyftig jaar later kuier klas van 1972 saam

Bosman di Ravelli, pianis van weleer

Vere Bosman di Ravelli was die naam wat Jan Gysbert Hugo Bosman, waarskynlik ‘n matrikulant van 1898 aan die toenmalige Stellenbosch Gimnasium, aangeneem het toe hy die eerste gebore Suid-Afrikaner word om as pianis erkenning in die buiteland te verwerf.

Vandag het hy amper vergete geraak, in so ‘n mate dat die samestellers van die Paul Roos 150-feesboek, nie eers na hom verwys nie.

Continue reading Bosman di Ravelli, pianis van weleer

In Memoriam

Vir ons Old Boys is dit altyd hartseernuus om van die afsterwe van iemand uit ons geledere te verneem. Maar ons weet dat die dood ʼn onvermydelike deel van ons aardse bestaan is.

We would like to pay tribute to the following members of our fraternity who shared our hallowed school grounds with us and contributed in some or other way to the memories many of us treasure

Continue reading In Memoriam

OSU: 3 Jaar en Lewenslangeopsies

Die Oudskoliere-Unie (OSU) is in 1926 gestig, maar het in 1961 begin om ‘n noemenswaardige rol in die skool se werksaamhede te speel. Die komitee het toe bestaan uit twaalf lede onder voorsitterskap van Piet Myburgh.  ‘n Grondwet is in 1963 opgestel. ‘n Oudskoliere-das is onder meer  beskikbaar gestel en dit was die begin van ‘n ou tradisie.

Continue reading OSU: 3 Jaar en Lewenslangeopsies

Chairman’s Report / Voorsittersverslag

Met die eerste kwartaal van die nuwe akademiese jaar agter die rug, word die hoop onder die skoolseuns, onderwysers, ouers en ons (as Old Boys) al hoe groter dat 2022 die jaar gaan wees waarin die neerdrukkende Covid-19-maatreëls opgehef word. Ons het al reeds groot verligting met die oopstel van skoolgebeure en sportgeleenthede gesien.

Continue reading Chairman’s Report / Voorsittersverslag

Alex Aldrich ontpop as rugbyspeler op Harvard

Alex Aldrich (2018) het verlede jaar toelating gekry om aan die Harvard Universiteit in Cambridge, Massachusetts, in die VSA te gaan studeer. Hy het reeds die tweede jaar van sy MBChB-studies aan die Universiteit Stellenbosch afgehandel toe hy op ’n dag besluit het om aansoek te doen by Harvard – en toe bo verwagting toelating kry.

Harvard is die oudste instituut vir tersiêre onderrig in die Verenigde State en een van die toonaangewendste ter wêreld. 

Alex was ’n prefek by Paul Roos en was bekend vir veral sy bydrae tot kultuur op die kampus – hy was ’n ywerige debatteerder, het musiek as vak geneem en in die koor gesing. 

By Harvard kry hy deesdae tyd om te midde van ’n oorvol akademiese program rugby te speel!

Continue reading Alex Aldrich ontpop as rugbyspeler op Harvard